Manulea caledonica is 'n meerjarige plant wat deel van die Scrophulariaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Hermanus tot by Stilbaai voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2636 km² en daar is vyftien bevolkings. Die spesie het reeds 'n groot gedeelte van sy habitat aan gewasverbouing (veral by Albertinia), ontwikkeling aan die kus (by Franskraal, Pearly Beach en Stilbaai) en indringerplante afgestaan.
Die spesie is deel van die fynbos.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
caledonica Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika