Manulea corymbosa is 'n meerjarige plant wat deel van die Scrophulariaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, vanaf Velddrif suidwaarts tot by Kampsbaai en die Kaapse Vlakte voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1880 km² en het reeds 30% van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling, indringerplante en gewasverbouing (wingerde en koring). Die oorblywende bevolkings is erg gefragmenteer.

Die spesie blom van Julie tot November en is deel van die fynbos.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

corymbosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika