Phyllopodium mimetes is 'n eenjarige plant wat deel van die Scrophulariaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Het Kruis en Aurora in die Sandveld tot by Mamre voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 4200 km² en daar is minder as tien bevolkings bekend. Die spesie het meer as 70% van sy habitat aan die verbouing van koring en aartappels afgestaan. Die afstaan van habitat aan aartappel verbouing is steeds 'n bedreiging in die noorde van die Sandveld.

Die plant blom van September tot Oktober en is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

mimetes Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika