duimnael|Michel H. Devoret in 2017. Michel Henri Devoret(Franse uitspraak: [miʃɛl dəvɔʁɛ]; gebore 1953) is 'n Franse fisikus. Hy is professor in fisika aan die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara en professor emeritus in toegepaste fisika aan die Yale-universiteit. Hy is aangestel as hoofwetenskaplike vir kwantumhardeware by Google Quantum AI. Hy is bekend vir sy baanbrekerswerk oor makroskopiese kwantumverskynsels.

Devoret, John Clarke en John M. Martinis is in 2025 met die Nobelprys vir fisika bekroon vir hul gesamentlike werk in supergeleiding.

Opleiding Devoret het 'n nagraadse diploma (DEA) in kwantumoptika aan die Universiteit van Orsay (hedendaagse Paris-Saclay Universiteit) verwerf, gevolg deur 'n doktorsgraad in gekondenseerde materie-fisika. Hy het sy doktorsgraadwerk by CEA Saclay in die groep van Anatole Abragam uitgevoer.

Navorsing Devoret het van 1982 tot 1984 as 'n postdoktorale navorser in John Clarke se groep aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, gewerk. Saam met John M. Martinis, 'n destydse nagraadse student, het hulle in 1985 vir die eerste keer die mesoskopiese kwantumvlakke van 'n Josephson-aansluiting gedemonstreer.

Sy werk oor kwantuminligting, in samewerking met A. Marblestone, het 'n eksponensiële kwantumversterking in sekere kommunikasiekanale as gevolg van verstrengeling getoon (sien Kwantum-pseudo-telepatie)A. Marblestone and M. Devoret, "Exponential Quantum Enhancement for Distributed Addition with Local Nonlinearity", Quantum Information Processing, Vol. 9, No.1 (2010).

Eerbewyse en toekennings In 2014 het hy die Fritz London Gedenkprys met John M. Martinis en Robert J. Schoelkopf gedeel. In 2021 is die Micius Kwantumprys gesamentlik toegeken aan Devoret, John Clarke en Yasunobu Nakamura.

Benewens 'n aantal toekennings, is hy in 2013 die John Stewart Bell-prys (gedeel met Robert J. Schoelkopf) toegeken vir "Fundamentele en baanbrekende eksperimentele vooruitgang in die verstrengeling van supergeleidende kwobite en mikrogolffotone, en hul toepassing op kwantuminligtingverwerking." Die Nobelprys vir Fisika in 2025 is toegeken aan Devoret, Clarke en Martinis vir die ontdekking van makroskopiese kwantummeganiese tonnelvorming en energiekwantisering in 'n elektriese stroombaan.

Volledige lys Ampère-prys (met Daniel Esteve), die Franse Akademie vir Wetenskap, 1991 Descartes-Huygens-prys, die Koninklike Nederlandse Akademie vir Kuns en Wetenskap, 1995 Verkose Lidmaatskap, die Amerikaanse Akademie vir Kuns en Wetenskappe, 2003 Europhysics-Agilent-prys (Esteve, Nakamura en Johan Mooj), Europese Fisiese Vereniging, 2004 Professorskap aan die Collège de France, 2007–2012 Verkose Lidmaatskap, die Franse Akademie vir Wetenskappe, 2007 John Bell-prys, 2013 Fritz London Gedenkprys, 2014 Olli V. Lounasmaa Gedenkprys, 2016 Micius Quantum-prys, 2021 Comstock-prys in Fisika, 2024 Nobelprys in Fisika, 2025

Verwysings

Kategorie:Nobelprys vir Fisika wenners Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Fisika