duimnael|Fred Ramsdell in 2025. Frederick Jay Ramsdell (gebore 4 Desember 1960) is 'n Amerikaanse immunoloog wat by Sonoma Biotherapeutics in San Francisco werk. In 2025 is hy gesamentlik die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde toegeken vir sy werk in immuunverdraagsaamheid.
Opleiding en loopbaan Ramsdell is in 1960 in Elmhurst, Illinois, gebore.
Ramsdell het in 1983 'n Baccalaureus Scientiae-graad met 'n hoofvak in biochemie en selbiologie van die Universiteit van Kalifornië, San Diego, en in 1987 'n Doktor in die Filosofie in mikrobiologie en immunologie van die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, ontvang.
Hy het by ZymoGenetics gewerk en die rol van hoofwetenskaplike beampte by Sonoma Biotherapeutics beklee.
Eerbewyse en toekennings In 2017 het Ramsdell, gesamentlik met Shimon Sakaguchi en Alexander Rudensky, die Crafoord-prys vir navorsing in poliartritis ontvang. Hy is aangehaal vir sy "ontdekking van regulatoriese T-selle wat skadelike immuunresponse in artritis en ander outo-immuun siektes teenwerk".
Ramsdell is gesamentlik, saam met Shimon Sakaguchi en Mary E. Brunkow, die 2025 Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde toegeken. Op die dag van die aankondiging kon hy nie gekontak word om sy prys te ontvang nie, aangesien hy in Idaho was en nie netwerk konneksie gehad het nie.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse bioloë Kategorie:Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde wenners Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense