duimnael|Eltz-kasteel Eltz-kasteel (Duits: Burg Eltz) is 'n Middeleeuse kasteel wat in die heuwels bokant die Moesel tussen Koblenz en Trier, Duitsland, geleë is. Dit is steeds in besit van 'n tak van die Huis Eltz wat sedert die 12de eeu daar woon. Eltz-kasteel, saam met Bürresheim-kasteel en Lissingen-kasteel, is die enigste kastele in die Eifel-streek wat nog nooit vernietig is nie. Dit is ‘n hoogteburg.

Die kasteel staan op 'n 70 meter hoë rotsuitloper wat aan drie kante begrens word deur die rivier Elzbach, 'n sytak aan die noordekant van die Moesel. Die omliggende Eltz-woud is deur Flora-Fauna-Habitat en Natura 2001 tot 'n natuurreservaat verklaar.

Onderverdeling links|duimnael|Die drie familievleuels van Burg Eltz. Die kasteel is 'n sogenaamde Ganerbenburg, of kasteel wat aan 'n gemeenskap van gesamentlike erfgename behoort. Dit is 'n kasteel wat in verskeie dele verdeel is, wat aan verskillende families of verskillende takke van 'n familie behoort; dit gebeur gewoonlik wanneer verskeie eienaars van een of meer gebiede gesamentlik 'n kasteel bou om hulself te huisves. Slegs welgestelde Middeleeuse Europese here kon dit bekostig om kastele of ekwivalente strukture op hul grond te bou; baie van hulle het slegs een dorp of selfs slegs 'n deel van 'n dorp besit. Dit was 'n onvoldoende basis om kastele te bekostig. Sulke here het gewoonlik in "ridderhuise" gewoon, wat redelik eenvoudige huise was, skaars groter as dié van hul huurders. In sommige dele van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie het die erfreg vereis dat die boedel onder alle opvolgers verdeel word. Hierdie opvolgers, wie se individuele erfenis elkeen te klein was om 'n eie kasteel te bou, kon saam 'n kasteel bou, waar elkeen een aparte deel vir behuising besit het, en almal saam die verdedigingsfort gedeel het. In die geval van Eltz het die familie uit drie takke bestaan en die bestaande kasteel is met drie aparte komplekse geboue verbeter.

Die hoofdeel van die kasteel bestaan uit die familiegedeeltes. Met tot agt verdiepings bereik hierdie agt torings hoogtes van tussen 30 en 40 meter. Hulle is versterk met sterk buitemure; vir die binnehof bied hulle 'n gedeeltelike raamwerk. Ongeveer 100 lede van die eienaars se families het in die meer as 100 kamers van die kasteel gewoon. 'n Dorp het eens onder die kasteel, aan die suidekant, bestaan, wat bediendes, vakmanne en hul families wat die kasteel ondersteun het, gehuisves het.

Verwysings

Kategorie:Middeleeue * Kategorie:Duitsland