Die T20I-vrouewêreldbeker 2014 (Engels: 2014 Women’s T20 World Cup) is van 23 Maart tot 6 April 2014 in Bangladesj beslis. Dit was die vierde T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Vrouewêreldtwintig20 2014 (Bengaals: ২০১৪ আইসিসি নারী বিশ্ব টুয়েন্টি২০; Engels: 2014 ICC Women’s World Twenty20) genoem, maar sedert die 2020-toernooi staan dit as T20I-vrouewêreldbeker bekend. Die vrouetoernooi is gelyktydig met die manstoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis. Ná die T20I-vrouewêreldbeker 2012 in Sri Lanka was dit die tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land en die eerste vrouekriekettoernooi in Bangladesj.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die T20I-vrouewêreldbeker 2014 was die eerste toernooi met tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne, teenoor die agt van die eerste drie T20I-vrouewêreldbekertoernooie. Die tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne was: die sewe regstreekse kwalifiseerders (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Pakistan en Sri Lanka). Beide Bangladesj en Ierland het vir die eerste keer vir ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi gekwalifiseer.
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 20 in die eerste rondte, twee kwalifiseringswedstryde, twee uitspeelwedstryde en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer, terwyl die twee naasbeste spanne van elke groep die kwalifiseringswedstryde vir die 2016-toernooi beslis het. Die verloorder van albei wedstryde het mekaar in die uispeelwedstryd om die sewende plek ontmoet en die laaste span van albei groepe het mekaar in die uitspeelwedstryd om die negende plek ontmoet.
Australië, Engeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Wes-Indië geklop en Engeland vir Suid-Afrika, waardeur die twee vorige T20I-vrouewêreldkampioene Australië en Engeland mekaar vir die tweede agtereenvolgende keer in die eindstryd ontmoet het. Die verdedigende kampioen Australië het Engeland in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met ses paaltjies verslaan en sodoende ná 2010 en 2012 sy derde agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Die gasvroue Bangladesj het in die negende plek geëindig.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Bangladesj in 2010 as gasvroue van die T20I-wêreldbeker 2014 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word. Dit was die eerste vrouekriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj aangebied is.
Deelnemers Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2014 gekwalifiseer: Die ses beste spanne van T20I-vrouewêreldbeker 2012 – Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië – het almal saam met die gasvroue Bangladesj regstreeks gekwalifiseer. Ierland, Pakistan en Sri Lanka het tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2013 gekwalifiseer. Bangladesj en Ierland het vir die eerste keer aan ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl dit vir al die ander agt spanne die derde agtereenvolgende toernooideelname was.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2014-kwalifisering; altesaam 39 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueEerste –DebuutRegstreeksVierde2012Kampioen (2010, 2012)Vierde2012Kampioen (2009)Vierde2012Halfeindrondte (2009, 2010)Vierde2012Naaswenner (2009, 2010)Vierde2012Eerste rondte (2009, 2010, 2012)Vierde2012Halfeindrondte (2010, 2012)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2013Eerste –DebuutVierde2012Eerste rondte (2009, 2010, 2012)Vierde2012Eerste rondte (2009, 2010, 2012)
Stadions Tydens die toernooi is twee Bengaalse stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Die eerste rondte is in Sylhet aangebied, terwyl die uitklopfase saam met die mans s’n op dieselfde dag op dieselfde stadion (die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka) beslis is.
Dhaka Sylhet Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion Sylhet Internasionale Krieketstadion Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 18 500 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2014 is oor 15 dae tussen tien verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 23 Maart 2014 op die Sylhet Internasionale Krieketstadion in Sylhet met die openingswedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka op 6 April met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die T20I-vrouewêreldbekertrofee verdedig het.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteMaart/AprilSo23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma31Di1Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitspeelwedstrydeAprilWo2Do3Uitspeelwedstryde | style="background:#7DF9FF;"| 2 | style="background:#7DF9FF;"| 2UitklopfaseAprilWo2Do3Vr4Sa5So6Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2014 is deur tien nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die tien deelnemende spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die twee naasbeste spanne van elke groep die kwalifiseringswedstryde vir die 2016-toernooi beslis het. Die verloorder van albei wedstryde het mekaar in die uispeelwedstryd om die sewende plek ontmoet en die laaste span van albei groepe het mekaar in die uitspeelwedstryd om die negende plek ontmoet.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2014-effek op 2016-kwalifisering Die agt beste spanne van die 2014-toernooi (saam met die 2016-gasvroue Indië) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2016 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2016.Kwalifiseer vir die 2016-kwalifiseringswedstryde.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die negende plek. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die uitspeelwedstryde en die uitklopfase.
Eerste rondte Tien spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die twee naasbeste spanne van elke groep die kwalifiseringswedstryde vir die 2016-toernooi beslis het. Die verloorder van albei wedstryde het mekaar in die uispeelwedstryd om die sewende plek ontmoet en die laaste span van albei groepe het mekaar in die uitspeelwedstryd om die negende plek ontmoet.
Groep A Span43106+2.20543106+1.60643106+1.27541302−2.28840400−2.750
Groep B Span43106+1.36343106+0.77342204+0.78141302−0.43741302−2.388
Kwalifiseringswedstryde
Uitspeelwedstryde Sewende plek
Negende plek
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2014
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die tien deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2014.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2014: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 A 6 5 0 1 859 684 +175 10 — 2 B 6 4 0 2 652 578 +74 8 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 5 3 0 2 660 530 +130 6 — 4 B 5 3 0 2 584 548 +36 6 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 A 5 4 0 1 715 605 +110 8 – 6 B 5 3 0 2 579 515 +64 6 – 7 A 6 2 0 4 659 834 –175 4 – 8 B 6 1 0 5 648 651 –3 2 – 9 B 5 1 0 4 430 604 –144 2 – 10 A 5 0 0 5 515 752 –237 0 –
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Meg Lanning 257 2 Suzie Bates 228 3 Mithali Raj 208 4 Charlotte Edwards 200 5 Bismah Maroof 158 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Anya Shrubsole 13 2 Natalie Sciver-Brunt 10 3 Sarah Coyte 9 4 Salma Khatun 8 Poonam Yadav Ellyse Perry
Sien ook
T20I-wêreldbeker 2014
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2014 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Krieketkompetisies in Bangladesj 2014 Kategorie:Sport in 2014