GFriend (Koreaans: 여자친구, Yeoja Chingu) is 'n Suid-Koreaanse meisiegroep wat in 2015 deur Source Music gestig is. Op 15 Januarie 2015 het GFriend hul vyf-snit debuut uitgebreide speelalbum (EP) Season of Glass vrygestel. Hierdie groep bestaan uit ses individue, naamlik (van die oudste) Sowon, Yerin, Eunha, Yuju, SinB en Umji. GFriend is in 2021 ontbind, maar is weer in Januarie 2025 geherstig.
Sien ook BTS (Suid-Koreaanse seunsgroep gestig in 2013 deur Big Hit Ent.)
Verwysings
Kategorie:Suid-Koreaanse sangers Kategorie:K-pop