Die Rohde Huis Museum is die dorpsmuseum van Mooirivier in die Natalse Middellande.
Die versameling items verteenwoordig die geskiedenis van die distrik, dorp en sy mense. Besondere voorwerpe is die Doherty-orrel afkomstig uit Kanada, ‘n Mason en Hamlin-orrel, ‘n Sanderson-kamera, Zoeloe-kralewerk en ‘n model van die hospitaalkamp wat in die omgewing was tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Verder is daar uitstallings oor Lipizzanerperde, polosport, die bekende melkbedryf in die streek sowel as foto’s van die ou gevestigde families in die dorp.
Die museum is in 1988 geopen en dra die naam van Edgar Rohde, ‘n destydse sakeman van die dorp.
Bibliografie https://www.sa-venues.com/attractionskzn/rhode-house-museum.php Schaffer, Olivia: Mooi River’s Rohde House Museum. In: South African Country Life. Nr. 139, Februarie 2008 https://www.tripadvisor.co.za/Attraction_Review-g2712901-d4094152-Reviews-Rhode_House_Museum-Mooi_River_KwaZulu_Natal.html
Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Museums in Suid-Afrika