Die T20I-vrouewêreldbeker 2012 (Engels: 2012 Women’s T20 World Cup) is van 26 September tot 7 Oktober 2012 in Sri Lanka beslis. Dit was die derde T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Vrouewêreldtwintig20 2012 (2012 ICC Women’s World Twenty20) genoem, maar sedert die 2020-toernooi staan dit as T20I-vrouewêreldbeker bekend. Die vrouetoernooi is gelyktydig met die manstoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis. Dit was die eerste T20I-vrouewêreldbekertoernooi wat in ’n Asiatiese land aangebied is en die eerste vrouekriekettoernooi in Sri Lanka.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2012 deelgeneem: die sewe regstreekse kwalifiseerders (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Pakistan en Suid-Afrika).
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2012 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer, terwyl die twee naasbeste spanne van elke groep die kwalifiseringswedstryde vir die 2014-toernooi beslis het.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland geklop en Australië vir Wes-Indië, waardeur die twee vorige T20I-vrouewêreldkampioene Engeland en Australië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die verdedigende kampioen Australië het Engeland in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo met vier lopies verslaan en sodoende ná 2010 sy tweede T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Beide die gasvroue Sri Lanka en Suid-Afrika is in die eerste rondte uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasvroue van die T20I-wêreldbeker 2012 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word. Dit was die eerste vrouekriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka aangebied is.
Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2012 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka (gasvroue) en Wes-Indië het regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2010 gekwalifiseer. Pakistan en Suid-Afrika het tydens die Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2011 gekwalifiseer, wat ook as kwalifisering vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 gedien het. Dit was dieselfde agt spanne wat ook aan die vorige twee T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009 en 2010 deelgeneem het.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2012-kwalifisering; altesaam 18 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueDerde2010Eerste rondte (2009, 2010)RegstreeksDerde2010Kampioen (2010)Derde2010Kampioen (2009)Derde2010Halfeindrondte (2009, 2010)Derde2010Naaswenner (2009, 2010)Derde2010Halfeindrondte (2010)Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2011Derde2010Eerste rondte (2009, 2010)Derde2010Eerste rondte (2009, 2010)
Stadions Tydens die toernooi is twee Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2012 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Die eerste rondte is in Galle aangebied, terwyl die uitklopfase saam met die mans s’n op dieselfde dag op dieselfde stadion (die R. Premadasa-stadion in Colombo) beslis is.
Galle Colombo Galle Krieketstadion R. Premadasa-stadion Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 35 000 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2012 is oor twaalf dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 26 September 2012 op die Galle Internasionale Stadion in Galle met die openingswedstryd tussen die gasvroue Sri Lanka en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op R. Premadasa-stadion in Colombo op 7 Oktober met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteSeptember/OktoberWo26Do27Vr28Sa29So30Ma1Groep A | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |UitspeelwedstrydeOktoberDi2Wo3Uitspeelwedstryde | | style="background:#7DF9FF;"| 2UitklopfaseOktoberDi2Wo3Do4Vr5Sa6So7Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2012 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die twee naasbeste spanne van elke groep die kwalifiseringswedstryde vir die 2014-toernooi beslis het.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2012-effek op 2014-kwalifisering Die ses beste spanne van die 2012-toernooi (saam met die 2014-gasvroue Bangladesj) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2014 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2014.Kwalifiseer vir die 2014-kwalifiseringswedstryde. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.
Eerste rondte Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die twee naasbeste spanne van elke groep die kwalifiseringswedstryde vir die 2014-toernooi beslis het.
Groep A Span33006+1.34132104+0.62831202–1.36730300−0.607
Groep B Span32104+1.60232104+0.63831202−0.69231200−1.194
Kwalifiseringswedstryde
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2012
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2012.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2012:
RangSpanGroep+/– Finaliste 1 A 5 4 0 1 652 513 +139 8 — 2 A 5 4 0 1 629 585 +44 8 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 4 2 0 2 318 352 –34 4 — 4 B 4 2 0 2 451 430 +21 4 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 B 4 1 0 3 318 314 +4 2 – 6 A 4 1 0 3 313 464 –151 2 – 7 A 4 1 0 3 419 421 –2 2 – 8 B 4 2 0 2 367 388 –21 4 –
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Charlotte Edwards 172 2 Jess Duffin 151 3 Sarah Taylor 138 Meg Lanning 5 Poonam Raut 135 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Julie Hunter 11 2 Holly Colvin 9 3 Erin Bermingham 7 4 Stafanie Taylor 6 Ellyse Perry
Sien ook
T20I-wêreldbeker 2012
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2012 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Sri Lanka Kategorie:Krieketkompetisies in Sri Lanka 2012 Kategorie:Sport in 2012