Die T20I-vrouewêreldbeker 2010 (Engels: 2010 Women’s T20 World Cup) is van 5 tot 16 Mei 2010 in Wes-Indië beslis. Dit was die tweede T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Vrouewêreldtwintig20 2010 (2010 ICC Women’s World Twenty20) genoem, maar sedert die 2020-toernooi staan dit as T20I-vrouewêreldbeker bekend. Die vrouetoernooi is gelyktydig met die manstoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2010 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2010 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer.
Australië, Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Indië geklop en Nieu-Seeland vir Wes-Indië, waardeur die twee Oseaniese spanne Australië en Nieu-Seeland mekaar in die eindstryd ontmoet het. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met drie lopies verslaan en sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm; vir Nieu-Seeland was dit ná die 2009-toernooi die tweede agtereenvolgende eindstrydnederlaag. Beide die verdedigende kampioen Engeland en Suid-Afrika is in die eerste rondte uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Wes-Indië as gasvroue van die T20I-wêreldbeker 2010 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word.
Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2010 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië (gasvroue). Dit was dieselfde agt spanne wat ook aan die vorige T20I-vrouewêreldbeker 2009 deelgeneem het.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2010-kwalifisering. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueTweede2009Eerste rondte (2009)RegstreeksTweede2009Halfeindrondte (2009)Tweede2009Kampioen (2009)Tweede2009Halfeindrondte (2009)Tweede2009Naaswenner (2009)Tweede2009Eerste rondte (2009)Tweede2009Eerste rondte (2009)Tweede2009Eerste rondte (2009)
Stadions Tydens die toernooi is drie Wes-Indiese stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2010 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Die eerste rondte is in St. Kitts en Nevis aangebied, terwyl die uitklopfase saam met die mans s’n op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis is.
Gros Islet, Bridgetown, Basseterre, Beausejourstadion Kensington-ovaal Warner Park-stadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 10 000 200px 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2010 is oor twaalf dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 5 Mei 2010 op die Warner Park-stadion in Basseterre, St. Kitts en Nevis, met die openingswedstryd tussen die gasvroue Wes-Indië en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, op 16 Mei met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2009 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2010 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteMeiWo5Do6Vr7Sa8So9Ma10Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseMeiDi11Wo12Do13Vr14Sa15So16Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2010 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi. ’n Superboulbeurt is gebruik vir die beslissing van een wedstryd, naamlik die tussen Australië en Engeland in Groep A op 5 Mei.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.
Eerste rondte Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Span33006+0.55032104+0.16731202+0.90030300−1.617
Groep B Span33006+2.51432104+1.42231202−1.95030300−1.733
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2010
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2010.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2010: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 A 5 5 0 0 621 581 +40 10 — 2 B 5 4 0 1 647 531 +116 8 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 4 2 0 2 498 439 +59 4 — 4 A 4 2 0 2 545 591 –46 4 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 A 3 1 0 2 365 311 +54 2 +0.900 6 B 3 1 0 2 288 405 –117 2 −1.950 7 A 3 0 0 3 374 471 –97 0 −1.617 8 B 3 0 0 3 276 285 –9 0 −1.733
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Sara McGlashan 147 2 Mithali Raj 145 3 Leah Poulton 127 4 Stafanie Taylor 117 5 Deandra Dottin 113 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Diana David 9 Nicola Browne 3 Ellyse Perry 8 4 Lucy Doolan 7 5 Anisa Mohammed 6 Priyanka Roy Lisa Sthalekar
Sien ook
T20I-wêreldbeker 2010
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2010 op ESPNcricinfo
Kategorie:Krieket in Barbados Kategorie:Krieket in St. Kitts en Nevis Kategorie:Krieket in St. Lucia Kategorie:Krieketkompetisies in Wes-Indië Kategorie:Sport in 2010 2010