Jamie Brian Roy (gebore 22 April 1993) is ‘n Skotse akteur. Gebore in Greenock, Skotland en grootgeword in Lenzie, buite Glasgow, Skotland. Hy verskyn in verskeie rolprente wat vir televisie vervaardig is en rolprente vir stroomdienste soos ‘’Burning Little Lies’’ (2021), ‘’Picture Perfect Lies’’ (2021), ‘’Flowers and Honey’’ (2021), ‘’Your Boyfriend is Mine’’ (2022), en ‘’Squeky Clean Mysteries: Hazardous Duty’’ (2022). Sy rol as Brian Fraser in ‘’Outlander: Blood of My Blood’’ (vanaf 2025) kan egter beskou word as sy deurbraak.
Verwysings
Kategorie:Skotse akteurs Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense