Die T20I-vrouewêreldbeker 2009 (Engels: 2009 Women’s T20 World Cup) is van 11 tot 21 Junie 2009 in Engeland beslis. Dit was die eerste T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Vrouewêreldtwintig20 2009 (2009 ICC Women’s World Twenty20) genoem, maar sedert die 2020-toernooi staan dit as T20I-vrouewêreldbeker bekend. Die vrouetoernooi is gelyktydig met die manstoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis. Saam met die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 in Maart in Australië was dit een van twee vername vrouekriekettoernooie in dieselfde jaar.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die T20I-vrouewêreldbeker 2009 deelgeneem: Die spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 deelgeneem het, het regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2009 gekwalifiseer (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië).
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2009 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die uitklopfase gekwalifiseer.
Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Nieu-Seeland het Indië geklop en Engeland vir Australië, waardeur Engeland en Nieu-Seeland mekaar in die eindstryd ontmoet het. Engeland het Nieu-Seeland in die eindstryd op Lord’s in Londen met ses paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Ná hulle oorwinning tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 was dit Engeland se tweede internasionale vrouekriekettitel in dieselfde jaar. Suid-Afrika is in die eerste rondte uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Engeland as gasvroue van die T20I-wêreldbeker 2009 aangewys. In Desember 2007 het die IKR ’n T20I-vrouewêreldbeker ingevoer wat gelyktydig met die manstoernooi aangebied sou word; dit was tydens die 2009-toernooi in Engeland vir die eerste keer die geval.
Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2009 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasvroue), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as deelnemers aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2009 gekwalifiseer.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2009-kwalifisering. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueEerste –DebuutRegstreeksEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –Debuut
Stadions Tydens die toernooi is vier Engelse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2009 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Die eerste rondte is op die County Ground in Taunton aangebied, terwyl die uitklopfase saam met die mans s’n op dieselfde dag op dieselfde stadions beslis is.
Londen Lord’s The Oval Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 23 500 200px 200px Nottingham Taunton Trent Bridge County Ground Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 12 500 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2009 is oor elf dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 11 Junie 2009 op die County Ground in Taunton met die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 21 Junie met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die gasvroue Engeland die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteJunieDo11Vr12Sa13So14Ma15Di16Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseJunieWo17Do18Vr19Sa20So21Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2009 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.
Eerste rondte Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Suid-Afrika tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2009 Span33006+1.67632104+0.24231202−1.15430300−0.717
Groep B duimnael|Wedstryd tussen Engeland en Sri Lanka op 14 Junie 2009 Span33006+2.73832104–0.02531202−1.20730300−1.481
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2009
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die T20I-vrouewêreldbeker 2009.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2009: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 B 5 5 0 0 627 489 +138 10 — 2 A 5 4 0 1 642 532 +110 8 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 4 2 0 2 586 567 +19 4 — 4 B 4 2 0 2 378 427 –49 4 — In die eerste rondte uitgeskakel 5 A 3 1 0 2 364 414 –50 2 −1.154 6 B 3 1 0 2 268 339 –71 2 −1.207 7 A 3 0 0 3 384 414 –30 0 −0.717 8 B 3 0 0 3 239 306 –67 0 −1.481
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Aimee Watkins 200 2 Claire Taylor 199 3 Charlotte Edwards 139 4 Suzie Bates 136 5 Shelley Nitschke 130 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Holly Colvin 9 2 Eshani Kaushalya 8 3 Shabnim Ismail 7 Sian Ruck 5 Laura Marsh 6 Rumeli Dhar Priyanka Roy Jenny Gunn
Sien ook
T20I-wêreldbeker 2009
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-vrouewêreldbeker 2009 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 2009 Kategorie:Sport in 2009