SV Falkensee-Finkenkrug is 'n sportklub uit Falkensee en Finkenkrug in die deelstaat Brandenburg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer gimnastiek, tafeltennis, pluimbal en vlugbal.
Geskiedenis
Die klub is in 1913 gestig as FC Grün Weiß Rot Finkenkrug 82, maar sedert 1916 was daar aparte klubs in die twee dorpe. Die huidige klub is op 17 Junie 1987 gestig met die samesmelting van BSG Fleisch und Frischeierproduktion Falkensee en BSG Turbine Finkenkrug. Die huidige naam is op 17 Mei 1990 aangeneem.
Finkenkrug
Die klub was aanvanklik bekend as Sportverein Finkenkrug. Die klub is in 1945 deur die Geallieerdes ontbind, maar is later die jaar as Sportgemeinde Finkenkrug herstig. Tussen 1949 en 1951 het die klub as SG Neu Finkenkrug bekend gestaan. In 1984 is die klub herdoop na BSG Turbine Finkenkrug.
Falkensee
Die klub het sedert 1916 as FC Germania bekendgestaan en in 1920 is die naam verander na SV Seegeeld-Falkenhagen. In 1945 is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar dis later herstig. In tipies Oos-Duitse styl het die klub hierna talle naamsveranderinge ondergaan: in 1950 is die klub na Sportgemeinde Falkensee herdoop; in 1952 is die klub herdoop as BSG Einheit Falkensee; in 1956 na BSG Chemie Lichtenberg-Falkensee; in 1969 na Chemie Falkensee en in 1973 na BSG Fleisch und Frischeierproduktion Falkensee.
Onlangse ligaposisionering 2001-02 (VI) Verbandsliga Brandenburg 3de 2002-03 (VI) Verbandsliga Brandenburg 3de 2003-04 (VI) Verbandsliga Brandenburg 4de 2004-05 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 15de 2006-07 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de 2007-08 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste 2008-09 (V) Oberliga Noordoos-Noord 7de 2009-10 (V) Oberliga Noordoos-Noord
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Noordoos-Noord 2008/09-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | FSV Bentwisch | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Reinickendorfer Vosse | Brandenburger SC Suid 05 | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | SV Falkensee-Finkenkrug | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
Falkensee