Gebroke kontrak is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1975 vrygestel is. Die film is deur D.B. Steyn geregisseer met 'n draaiboek deur Danie Steyn en Hennie Boshoff, en vervaardig deur X-Films.

Sinopsis

Die verhaal fokus op 'n gebroke huwelik en die gevolglike verval van hul dogter. Werkers by 'n koffiekroeg help haar egter om weer op die regte pad te kom en haar lewenswyse heeltemal te verander. Terselfdertyd kom haar ouers ook tot insig en vind mekaar weer in hul huwelik.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Louis Knobel, Joey Kleynhans, Roelien Spruyt, en Fanus Welthagen.

Verwysings