Spoor is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1975 vrygestel is. Die film is deur Howard Rennie geregisseer en vervaardig deur Cheetah Films.

Sinopsis

Die draaiboek vir die film is gegrond op 'n ware gebeurtenis wat fokus op Kaptein Knox (Giles Ridley) se strewe om Generaal Christiaan de Wet op te spoor en in hegtenis te neem.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Giles Ridley (as Kaptein Knox), Dawie van Heerden (as De Wet), George Jackson, Victor Melleney, Keith van der Watt, Ian Yule, Ivor Kissin, en Danie Smuts.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente