duimnael|Die museum Die Talana-museum in Dundee is die enigste museum in Suid-Afrika op ‘n slagveld waar die oorspronklike geboue van die oorlogtyd behoue gebly het.
Hier is uitstallings oor die geskiedenis van Dundee, artikels soos verkykers en bomdoppe wat op die terrein gevind is na ‘n veldslag tydens die Tweede Vryheidsoorlog, die drag van die verskillende Britse regimente wat in die omgewing diens gedoen het en ‘n verskeidenheid artikels wat tydens die Groot Trek gebruik is.
‘n Deel van die uitstalling vertel die verhaal van die Anglo-Zoeloeoorlog van 1879, onder meer die geskiedenis van die Slag van Rorke’s Drift. ‘n Verskeidenheid Zoeloe-krygsdrag word ten toon gestel, waaronder ’n halsband van hout wat vir dapperheid toegeken is en as die Zoeloes se Victoriakruis beskou kan word. ‘n Voorbeeld van die kortsteelassegaai wat deur Tsjaka by sy impmi’s ingevoer is, is te sien. Onder die plaasgereedsakp is opvallend die meelsiwwe en gereedskap om botter en kaas te maak. Ook is hier ‘n klein geologiese en metallurgiese versameling sowel as items wat die Moths vereer.
Bibliografie Davis, Ilse: Die Talana-museum. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 1, Januarie 1989. ISSN 0491-4783 Fransen, Hans (samesteller): Guide to the museums of Southern Africa. Kaapstad: South African Museums Association, 1978
Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Museums in Suid-Afrika