"Sproetjies" is 'n Afrikaanse liedjie wat in 1980 deur Sias Reinecke op sy album Ek en my kitaar vrygestel is. Dit is 'n Afrikaanse weergawe van "Freckles" deur die country-groep The Oak Ridge Boys. Die Afrikaanse liedjie was só suksesvol dat Reinecke se album binne ses maande as Sproetjies heruitgereik is. Reinecke se voormalige sangmaat, Gert van Tonder, het die woorde vir die Afrikaanse weergawe geskryf. Die liedjie was in 1981 die treffer van die jaar op die radioprogram Afrikaanse Treffers. Die liedjie is al deur verskeie ander kunstenaars opgeneem, waaronder Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr en Sonja Herholdt, Dana Winner. 'n Spaanse weergawe is deur Marta Gómez opgeneem.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse liedjies