Die Australiese nasionale vrouekrieketspan (Engels: Australian women’s national cricket team, afgekort Australia Women of Australia W) is die nasionale vrouekrieketspan wat Australië in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Australië (CA, van Engels: Cricket Australia) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status.

Australië is die gesamentlike oudste span in vrouetoetskrieket, wat hul eerste toets reeds in 1934 teen Engeland gespeel het. Australië is die suksesvolste span in internasionale vroue-eendagwedstryde en hulle het sewe vrouekrieketwêreldbekertitels ingepalm (in 1978, 1982, 1988, 1997, 2005, 2013 en 2022). Hulle oorheers ook T20I-vrouewêreldbekertoernooie en het sewe titels gewen (in 2010, 2012, 2014, 2018, 2020, 2023 en 2026).

Australië is tans (Julie 2026) eerste op die IKR-vroue-eendagranglys en eerste op die Twintig20-vrouewêreldranglys. Vyf voormalige Australiese spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Beheerliggaam

duimnael|links|Krieket Australië se ses plaaslike beheerliggame is geskoei op die tradisionele deelstaatspanne Krieket Australië (Engels: Cricket Australia, CA), voorheen bekend as die Australiese Krieketraad (AKR; Engels: Australian Cricket Borard, ACB), is die beheerliggaam vir enige krieket in Australië. Dit is in 1905 as die Australiese Beheerraad vir Internasionale Krieket (Australian Board of Control for International Cricket) gestig en is in 1973 in Australiese Krieketraad hernoem. Dit is as ’n Australiese publieke maatskappy gelys. Op 15 Junie 1909 het Australië saam met Engeland en Suid-Afrika die Imperiale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) gestig. Krieket Australië bestaan uit ses plaaslike beheerliggame, wat elkeen ’n deelstaat verteenwoordig.

Krieket Australië bestuur al die Australië-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Australië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Australiese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Australië oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis Oorsprong duimnael|links|Vrouetoetswedstryd in 1935 op die Sydney-krieketveld Vroue het in Australië waarskynlik vroeg straatkrieket gespeel. In 1874 is ’n nieamptelike wedstryd in Bendigo gedokumenteer. Die eerste amptelike vrouekrieketwedstryd is in 1874 in Sydney tussen die Fernleas en die Siroccos beslis en het 600 toeskouers gelok. Daarna is talle klubs vir vroue gestig en landswye wedstryde is gereël, maar die belangstelling het aanvanklik ’n op- en afwaartse neiging gehad.

In die 1930’s het vrouekrieket ’n groei in Nieu-Suid-Wallis en Victoria ervaar en gevolglik is in Maart 1931 die Australiese Vrouekrieketraad (Engels: Australian Women’s Cricket Council) gestig, wat hom beywer het vir die sport se ondersteuning, maar ook vir die reël van toere. Drie jaar later is die Engelse vrouespan genooi wat die volgende seisoen Australië besoek het. Die eerste vrouekriekettoetswedstryd is op die Brisbane Showgrounds beslis, maar deur Engeland met nege paaltjies gewen wat ook die reeks met 2–0 beklink het. Die eerste kaptein was Margaret Peden. Die Australiese teenbesoek het in 1937 plaasgevind. Die spelers moes die reiskoste self betaal en in 1936 is talle wedstryde gereël om die toer se kostes te dra. Hulle het in Mei 1937 Engeland bereik, talle wedstryde dwarsoor die land gespeel en ná hul eerste toetswedstryd het die toer met 1–1 onbeslis geëindig. In die 1939/40-seisoen was nog ’n toer in Australië beplan, maar dit moes weens die Tweede Wêreldoorlog afgelas word.

Ná die Tweede Wêreldoorlog Ná die oorlog is in Maart 1948 eers ’n vrouetoetswedstryd in Nieu-Seeland beslis wat die Australiërs maklik gewen het. Een jaar later het die Engelse weer Australië besoek en dié keer het hulle onder hul kaptein Mollie Dive die vrouetoetsreeks met 1–0 beklink en vir die eerste keer die As ingepalm. Die daaropvolgende twee As-toetsreekse (in 1951 en 1957/58) het elk onbeslis geëindig en hulle kon die trofee behou. Eers in 1963 is hulle onder Mary Allitt in Engeland weer met 1–0 geklop.

Gedurende somer 1973 is die heel eerste Vrouekrieketwêreldbeker 1973 beslis en Australië het in die eindstryd teen Engeland met 92 lopies vasgeval. Die eerste toer na Wes-Indië het in 1976 plaasgevind, maar sonder ’n oorwinning geëindig. In die 1976/77-seisoen het hulle ook Indië gehuisves en die vrouetoetswedstryd gewen. Die tweede Vrouekrieketwêreldbeker 1978 in Indië het die Australiërs in die eindstryd teen Engeland met agt paaltjies vir die eerste keer gewen. Hulle het dié prestasie tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 herhaal. Onder hul kaptein Raelee Thompson kon hulle die vrouetoetsreeks teen Engeland en daarmee vir die eerste keer sedert 1963 die As-reeks beklink. In Jahr 1988 het die span met Ann Mitchell vir die eerste keer ’n hoofafrigter gekry, waarmee ’n professionalisering begin het. Onder Lyn Larsen kon die Australiërs tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 hul derde agtereenvolgende titel inpalm. Hul oorheersing van vrouekrieket is kortliks in 1993 onderbreek, toe hulle tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 ná nederlae teen Engeland en Nieu-Seeland reeds in die groepfase uitgeskakel is en die eindstryd misgeloop het.

Voortgesette oorheersing en opkomende mededinging duimnael|links|Vrouekriekettoetswedstryd tussen Australië en Engeland in 2017 op die Noord-Sydney-ovaal Onder Belinda Clark kon hulle hul oorheersing voortsit. Die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 het hulle in die eindstryd teen Nieu-Seeland beklink en tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 het hulle naelskraaps in die eindstryd vasgeval. Ook die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het hulle beklink. Maar gedurende die daaropvolgende somer het hulle tydens hul As-toer hul eerste nederlaag sedert 1984/85 gely. Hulle is ook in die As-reeks op eie bodem geklop en ná ’n onbesliste reeks gedurende somer 2009 het hulle die trofee nie herwin nie. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 het hulle in die vierde plek afgesluit en tydens die heel eerste T20I-vrouewêreldbeker 2009 is die span in die halfeindstryd uitgeskakel. Sedertdien het hulle sewe T20I-vrouewêreldbekertoernooie beklink. Australië het ook die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 en sedert 2015 elke As-reeks beklink. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 het die span sy sewende vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het die Australiërs in die halfeinstryd teen die medegasheer Indië vasgeval.

Truie Tot in 1997 het die vrouekrieketspanne anders as die mans rompe pleks van broeke gedra. Sedertdien is die truie en toerusting baie soortgelyk aan dié van die mans. Daar is egter ’n verskil in die wapen op die pet, die sogenaamde Baggy Green, wat, anders as die mans s’n, omgekeerde kleure het.

Spelers Bekende spelers duimnael|upright|Betty Wilson (1951) Vyf voormalige Australiese spelers is vir hul uitstekende prestasies in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:

Speler Posisie Inskrywing Belinda Clark Kolwer 2011 Betty Wilson Kolwer 2015 Karen Rolton Kolwer 2016 Cathryn Fitzpatrick Bouler 2019 Lisa Sthalekar Veelsydig 2020

Spelerstatistieke Daar het altesaam 186 spelers toets-, 152 spelers EDI- en 62 spelers T20I-wedstryde vir Australië gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Australiese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Ellyse Perry 2008–hede 15 1 006 Belinda Clark 1991–2005 118 4 844 Beth Mooney 2016–hede 125 3 783 Karen Rolton 1995–2009 14 1 002 Karen Rolton 1995–2009 141 4 814 Meg Lanning 2010–2023 132 3 405 Belinda Clark 1991–2005 15 919 Meg Lanning 2011–2023 103 4 602 Alyssa Healy 2010–2024 162 3 054 Betty Wilson 1948–1958 11 862 Ellyse Perry 2007–hede 168 4 581 Ellyse Perry 2008–hede 181 2 495 Denise Annetts 1987–1992 10 819 Alyssa Healy 2010–hede 126 3 777 Ashleigh Gardner 2017–hede 106 1 633 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026

Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Betty Wilson 1948–1958 11 68 Cathryn Fitzpatrick 1993–2007 109 180 Megan Schutt 2013–hede 126 152 Cathryn Fitzpatrick 1991–2006 13 60 Ellyse Perry 2007–hede 168 166 Ellyse Perry 2008–hede 181 131 Raelee Thompson 1972–1985 16 57 Megan Schutt 2012–hede 111 148 Jess Jonassen 2012–2023 105 96 Debbie Wilson 1984–1991 11 48 Lisa Sthalekar 2001–2013 125 146 Ashleigh Gardner 2017–hede 106 84 Lyn Fullston 1984–1987 12 41 Jess Jonassen 2012–2023 93 141 Georgia Wareham 2018–hede 82 81 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026

Spankapteins Tot op hede was 20 spelers reeds die kaptein vir Australië tydens ’n toetswedstryd, 20 tydens ’n EDI en nege tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.

Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Margaret Pedon 1934–1937 Miriam Knee 1973 Belinda Clark 2005 2 Mollie Dive 1947–1951 Anne Gordon 1976 Karen Rolton 2006–2009 3 Una Paisley 1956–1958 Margaret Jennings 1978 Jodie Fields 2009–2013 4 Muriel Picton 1960–1969 Sharon Tredrea 1982–1988 Alex Blackwell 2010–2016 5 Mary Allitt 1963 Jill Kennare 1984 Meg Lanning 2014–2023 6 Miriam Knee 1971–1972 Raelee Thompson 1985 Rachael Haynes 2017–2020 7 Wendy Blundson 1974–1975 Denise Emerson 1985 Alyssa Healy 2022–2024 8 Anne Gordon 1975–1976 Lyn Larsen 1986–1993 Tahlia McGrath 2022–2025 9 Margaret Jennings 1976–1977 Karen Brown 1991 Sophie Molineux 2026–hede 10 Sharon Tredrea 1978–1985 Christina Matthews 1993 11 Jill Kennare 1983–1984 Belinda Clark 1994–2005 12 Raelee Thompson 1984–1985 Karen Rolton 2001–2009 13 Lyn Larsen 1987–1992 Lisa Sthalekar 2006 14 Belinda Clark 1994–2005 Alex Blackwell 2009–2012 15 Karen Rolton 2005–2008 Jodie Fields 2009–2013 16 Jodie Fields 2009–2014 Meg Lanning 2014–2025 17 Alex Blackwell 2011 Rachael Haynes 2017–2020 18 Meg Lanning 2015–2022 Alyssa Healy 2023–2026 19 Rachael Haynes 2017 Tahlia McGrath 2023–hede 20 Alyssa Healy 2023–hede Sophie Molineux 2026

Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 53 14 9 0 30 26,41 15 Junie 1937 12 5 1 0 6 41,67 15 Januarie 1977 13 4 1 0 8 30,76 20 Maart 1948 1 1 0 0 0 100,00 15 Februarie 2024 2 0 2 0 0 0,00 – Algeheel 81 24 11 0 46 29,63 15 Junie 1937 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 6 Julie 2026.

EDI-rekord teen ander lande