Fort Mistake, ‘n merkwaardige en unieke vestinkie in kwaZoeloe-Natal, is van historiese sowel as argitektoniesse belang. Dit het ‘n rol gespeel in die Eerste Vryheidsoorlog en is daarom deel van die toeristiese Slagveldroete in die noorde van die provinsie.
Ligging Die fort is by 28° 10′ suid, 29° 58′ oos, by die Mkupepas, net wes van Dundee en ongeveer waar die R68-pad by die N11-roete tussen Newcastle en Ladysmith aansluit. Dit is dus aan die oostekant van Biggarsberg, net noordwes van die Maria Ratschitz-sendingstasie en in die omgewing van die histories belangrike plekke Wasbank en Elandslaagte. Omdat die fortjie op ‘n heuwel lê, is dit moeilik en slegs te voet bereikbaar.
Naam Oorspronklik was die fort bekend as Fort One Tree Hill. Helaas kan die herkoms van die huidige naam nie meer agterhaal word nie.
Bou Dit is die eerste in ‘n reeks seinposte wat vermoedelik deur die Royal Engineers tydens en na die Anglo-Zoeloeoorlog van die laat 1800’s gebou is. Weens die mooi aafgewerkte klip en dat geen bindklei gebruik is in die bou van Fort Mistake sowel as die styl van Indiese forte wat gebruik is, is die gebou enig in sy soort en vir argitekte interessant.
Toring Op die koppie staan ‘n radiotoring.
Bibliografie battlefieldsroute.co.za/place/fort-mistake citizen.co.za/northern-natal-news/uncategorized/2017/11/16/dundees-lost-tales-mistake-became-legend/ theheritageportal.co.za/article/how-fort-mistake-got-its-name
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Forte in Suid-Afrika