thumb|350px|Die godin Sif rus met haar kop op 'n stomp terwyl Loki met sy swaard in die hand nader staan. Loki wil haar hare afsny volgens 'n mite in Skáldskaparmál.
Skáldskaparmál (Oudnoors vir "die taal van poësie") is die tweede deel van die Prosaïese Edda, wat vermoedelik deur Snorri Sturluson geskryf is. Dit bestaan uit 'n dialoog tussen Aegir, die goddelike verpersoonliking van die see, en Bragi, die god van poësie. Die verhale van Aesir en gesprekvoering oor die aard van poësie is daarin verstrengel. Dit sluit ook verhale van menslike helde en konings in. Die mitologiese opset vervaag later en die werk word eerder 'n vroeë vorm van poëtiese tesourus van Oudnoors, wat vermoedelik bedoel was vir gebruik deur skalde (Noorse digters en barde van die tydperk).
'n Groot deel van die werk fokus op poëtiese frases en indeksering. Die oorsprong van dié kenninge word gegee; Bragi lewer 'n stelselmatige lys kenninge vir verskeie Ase, mense, plekke en dinge. Hy bespreek dan poëtiese taal in taamlike besonderhede.
Die dele van die werk wat die grootste belangstelling van moderne gehore ontlok, is die beskrywings van die Noorse mitologie, al word dit net in die verbygaan genoem om 'n poëtiese frase te illustreer. Van die stories in Skáldskaparmál is: Hoe Idunn deur die reus Thjazi gevange geneem word, met Loki wat by haar ontvoering én herstel betrokke is. Die tweegeveg tussen die reus Hrungnir en Thor. Die reus Geirrödr se plan om Thor in 'n lokval te lei en hoe Thor seëvier met die hulp van die reus Grídr. Loki wat Sif se hare in 'n poets afsny, en dan verplig is om met die dwerge te reël dat hulle haar hare met 'n goue pruik vervang. Die dade van die Deense koning Hrolf Kraki toe hy die Sweedse koning Adils verslaan het. 'n Nimmereindigende geveg, Hjaðningavíg, waar koning Hogni se dogter, Hildr, die gesneuweldes in die nag met toorkuns opwek sodat hulle die volgende dag weer kan veg.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Noorse mitologie