duimnael|Gereed vir braai (Shisa nyama) Shisa nyama (kan ook gespel word as "chisa nyama" of "chesa nyama" of "shisanyama") is 'n Suid-Afrikaanse sosiale braaitradisie, waar mense rou vleis koop (dikwels by 'n aangrensende slaghuis) en dan die vleis gaarmaak oor warm kole (of kokke doen die braaiwerk).
In Zoeloe beteken die term letterlik "om vleis te brand/braai", maar die term kan ook verwys na die saamkuier rondom 'n braaivleisvuur, asook na die eetplekke wat spesialiseer in hierdie styl van vleis gaarmaak. https://africtionary.com/definition.php?word=Shisa+Nyama
Verwysings
Kategorie:Braai Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse kookkuns