duimnael|regs|300px|Marcuseiland in die midde van die baai-ingang, op 'n kaart deur Jan Helmis van den Berg, ca. 1738 Marcuseiland is 'n voormalige eiland in Saldanhabaai, Suid-Afrika. Na grondherwinning is dit nou tans die landhoof van 'n skiereiland by die ingang tot Saldanhabaai. Deur landwinning is dit nou deur 'n breë golfbrekerdykOp Engels as 'n "spending beach breakwater" bekend, oftewel 'n kunsmatige strand met spesifieke oriëntasie en kromming om inkomende golwe te demp. Kyk Zwemmer et al., 2015 aan die land verbind. Die dyk is ontwerp om 'n sandstrand aan die seekant te vorm, die golfimpak te demp, en beskutting aan Saldanha-haweSpending Beach Breakwater at Saldanha Bay, Zwemmer et al., 2015 en die vasmeerplekke van seiljagte te verleen. Voorheen was die eiland byna 2 km aflandig.

Marcuseiland, Jutteneiland en Malgaseiland vorm ‘n driehoek met Marcuseiland aan die noordoostelike punt. Omdat daar diep vaarwater tussen die eilande is, bied dit goeie toegang vir groot skepe tot die hawe. As deel van die haweontwikkeling is daar in 1976 ‘n golfbreker van 1700 m tussen Hoedjiespunt op die vasteland en die eiland gebou om nog groter skepe in die hawe te kan ontvang.

Die bou van die dyk het die bevolking van pikkewyne, swarttobies en sterretjies nie ten goede gekom nie. Ornitoloë het daarom lank hier navorsing gedoen. Die dyk het ook meer as die verwagte erosie ervaar.Causes of Damage to Saldanha Sand Breakwater, Schoonees et al., 2015 Die eiland met aansluitende dyk word by die Weskus Nasionale Park ingesluit, en val onder die Ramsar-konvensie.

Reeds vroeg was die eiland van 11 ha ‘n gewilde plek om ghwano te raap. In daardie dae het dit al sy naam ontvang. Dit is vernoem na Marcus Robbeljaert, die eerste bevelvoerder op Robbeneiland. Op ou kaarte word die eiland ook as Merkens Eiland of Zee Wolfs-Eiland aangedui.J. v. Schley, 1747

Lees ook Dasseneiland Schaapeneiland Lys van eilande van Suid-Afrika

Bronnelys Hockey, Phil: Marcus Island – the road to recovery. In: Afrika-natuurlewe. Deel 37, nr. 5, 1983

Verwysings

Kategorie:Eilande van Suid-Afrika