Marcell Jansen (gebore 4 November 1985) is ’n Duitse professionele sokkerspeler wat vir Hamburger SV III speel en tans ook die president van Hamburger SV is. Hy speel ook vir Hamburger SV III in die Oberliga Hamburg. Hy was bekend vir sy akkurate voorsette en spoed, ten spyte van sy lang postuur. As ’n veelsydige speler het Jansen hoofsaaklik as linker-agterspeler of vleuelagter gespeel, maar kon ook as linkervleuel aangewend word.

Hy het 45 wedstryde vir die Duitse nasionale span gespeel en drie doele aangeteken; onder hulle een teen Uruguay in die klein finale van die 2010 Wêreldbeker by die Nelson Mandelabaaistadion in Port Elizabeth.

Verwysings

Kategorie:Duitse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense