Die Vrouerugbywêreldbeker 2017 (Engels: 2017 Women’s Rugby World Cup) is van 9 tot 26 Augustus 2017 in Ierland beslis. Dit was die agtste vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die sesde wat deur Wêreldrugby aangebied is. Die groepfase is op die UCD Bowl en die Billingspark UCD in Dublin aangebied, terwyl die uitklopfase op die Queen’s Universiteit en die Kingspan-stadion in Belfast gehou is. Hoewel die toernooi gewoonlik al om die vier jaar gehou word, is dit by uitsteek drie jaar ná die vorige toernooi aangebied, omdat die wêreldbeheerliggaam ’n oorvleueling met ander toernooie wou vermy. Daarna het die toernooi na die vierjaarsiklus teruggekeer.
duimnael|links|upright|Die trofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2006, 2010 en 2014 het onveranderd gebly en twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2017 deelgeneem: Australië, Engeland, Frankryk, Hongkong, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Nieu-Seeland, Spanje, die Verenigde State en Wallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2017 is 30 wedstryde gespeel. Die spanne is in drie groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het.
Nieu-Seeland het die eindstryd op die Kingspan-stadion in Belfast teen Engeland met 41–32 gewen en sodoende sy vyfde vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Frankryk het in die derde en die Verenigde State in die vierde plek geëindig.
Toewysing Op 2 Maart 2015 het die Ierse Rugbyvoetbalunie sy bod vir die Vrouerugbywêreldbeker 2017 aangekondig. Die Ierse beheerliggaam het die enigste bod vir die toernooi ingedien. Op 13 Mei 2015 is die toernooi amptelik aan Ierland toegewys met die gasheerstede Belfast en Dublin.
Deelnemers Die sewe beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2014 – Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State – het almal regstreeks gekwalifiseer. Italië en Wallis het as die naasbeste spanne tydens die Sesnasies-vrouetoernooie in 2015 en 2016 gekwalifiseer. Japan, Hongkong en Spanje het aan die einde van die jaar 2016 die drie oorblywende plekke bespreek.
duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2017 deelgeneem het: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasvroueSewende2014Vierde plek (2014)CRegstreeksSesde2014Derde plek (2010)CAgtste2014Kampioen (1994, 2014)BAgtste2014Derde plek (1991, 1994, 2002, 2006, 2014)CAgtste2014Naaswenner (2014)ASewende2014Kampioen (1998, 2002, 2006, 2010)AAgtste2014Kampioen (1991)BKwalifiseringEerste–DebuutAVierde2002Agtste plek (1991)BVierde2002Agtste plek (1994)CSesde2014Sesde plek (1991)CSewende2014Vierde plek (1994)A
Stadions Die groepfase is op die UCD Bowl en die Billingspark UCD in Dublin aangebied, terwyl die uitklopfase op die Queen’s Universiteit en die Kingspan-stadion in Belfast gehou is.
Belfast Belfast Upper Malone Kingspan-stadion Kapasiteit: 330 Kapasiteit: 18 196 200px Dublin Dublin Billingspark UCD UCD Bowl Kapasiteit: 2 000 Kapasiteit: 3 000 200px
Formaat Die Vrouerugbywêreldbeker 2017 is oor 18 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 30 wedstryde beslis. Dit het op 9 Augustus 2017 op die Dublinse UCD Bowl met die openingswedstryd tussen Engeland en Spanje afgeskop. Die toernooi het geëindig op 26 Augustus op die Kingspan-stadion in Belfast met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die Black Ferns die trofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2017 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op uitklopwedstryde, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseAugustusWo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Di15Wo16Do17Groep A |style="background:#C364F3;"| 2
|style="background:#C364F3;"| 2
|style="background:#C364F3;"| 2Groep B |style="background:#C364F3;"| 2
|style="background:#C364F3;"| 2
|style="background:#C364F3;"| 2Groep C |style="background:#C364F3;"| 2
|style="background:#C364F3;"| 2
|style="background:#C364F3;"| 2UitspeelwedstrydeAugustusVr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26Uitspeelwedstryde
|style="background:#7DF9FF;"| 2
|style="background:#7DF9FF;"| 2UitklopwedstrydeAugustusVr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26Uitklopwedstryde
|style="background:#00cc33;"| 2
|style="background:#3399FF;"| 1 |style="background:#ffcc00| 1 Verklaring
Groepe Die loting vir die groepfase was op 9 November 2016 in Belfast.
Groep AGroep BGroep C
Groepfase Die agtste Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Twee vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag; Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die vier beste spanne wat na die uitkloprondte deurgedring het, terwyl die naasbeste vier spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 5 tot 8 deelgeneem het en die vier swakste spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 9 tot 12.
Uitspeel- en uitklopfase Van die begin van die uitspeel- en uitklopfases af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde elk bestaan het: twee halfeindstryde, twee uitspeelwedstryde en die eindstryd, waarby die uitkloprondte uit twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd bestaan het.
Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring. Die beste span van die groepfase het die vierde beste span ontmoet en die tweede beste span die derde beste span. Die naasbeste vyfde tot agtste spanne het die uitspeelwedstryde om die plekke 5 tot 8 beslis, met die vyfbeste span wat in die halfeindstryd die agtbeste span ontmoet het en die sesde geplaaste span die sewende. Die spanne wat in die groepfase negende tot twaalfde geëindig het, het aan die uitspeelwedstryde om die plekke nege tot twaalf deelgeneem, met die negende geplaaste span wat die twaalfde ontmoet het en die tiende die elfde.
2017-effek op 2021-kwalifisering Die sewe beste spanne van die toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde State en Wallis.
Betrokkenes Wedstrydbeamptes Op 30 Maart 2017 het die wêreldbeheerliggaam die wedstrydbeamptes aangekondig. ’n Paneel van nege skeidsregters en vyf lynregters is vir die toernooi ingespan.
Skeidsregters Tim Baker (Hongkong) Aimee Barrett-Theron (Suid-Afrika) Graham Cooper (Australië) Sara Cox (Engeland) Sean Gallagher (Ierland) Claire Hodnett (Engeland) Joy Neville (Ierland) Alhambra Nievas (Spanje) Amy Perrett (Australië)
Lynregters Beatrice Benvenuti (Italië) Rose Labreche (Kanada) Marie Lematte (Frankryk) Helen O’Reilly (Ierland) Ian Tempest (Engeland)
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitkloprondte.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde 5–8.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde 9–12. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die uitkloprondte en die uitspeelrondte.
Groepfase Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring, terwyl die vier naasbeste spanne aan die uitspeelwedstryde 5–8 en die vier swakste spanne aan die uitspeelwedstryde 9–12 deelgeneem het.
Groep A Span330021317+196315320111848+701931025174–2315300315258–24300
Groep B Span330015944+11531532019359+34311310227107–8004300333102–6900
Groep C Span330014119+12221432014852–40831024682–3626300343125–8200
Uitspeelwedstryde Om die negende plek
Halfeindrondte
11de plek
Eindstryd (9de plek)
Om die vyfde plek
Halfeindrondte
7de plek
Eindstryd (5de plek)
Uitklopwedstryde duimnael|Die Black Ferns nadat hulle die Vrouerugbywêreldbeker 2017 kon wen
Halfeindrondte
Bronseindstryd
Eindstryd
Vrouerugbywêreldkampioen 2017
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 2017.
duimnael|400px|Uitslag van die Vrouerugbywêreldbeker 2017: RangSpanDrieë 1 5 5 0 0 49 299 2 5 4 0 1 33 211 3 5 4 0 1 28 175 4 5 2 0 3 19 128 5 5 4 0 1 34 213 6 5 2 0 3 15 94 7 5 2 0 3 13 78 8 5 2 0 3 14 89 9 5 2 0 3 12 75 10 5 2 0 3 11 73 11 5 1 0 4 15 87 12 5 0 0 5 4 27
Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Portia Woodman 65 2 Kendra Cocksedge 62 3 Emily Scarratt 56 4 Emily Scarratt 51 5 Alev Kelter 32 6 Elissa Alarie 30 Selica Winiata 8 Caroline Ladagnous 25 Michela Sillari Montserrat Amédée Lydia Thompson Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Portia Woodman 13 2 Magali Harvey 6 Elissa Alarie Selica Winiata 5 Caroline Ladagnous 5 Lydia Thompson 7 Kay Wilson 4 Emily Scarratt Kris Thomas Romane Ménager Kelly Russell Paula Fitzpatrick Sioned Harries
Sien ook
Vrouekrieketwêreldbeker 2017
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike Vrouerugbywêreldbekerwebwerf
Kategorie:Geskiedenis van Ierland Kategorie:Rugbykompetisies in Ierland 2017 Kategorie:Sport in 2017