duimnael|regs|'n Replika van die kanon by die monument. Die Long Tom- kanonmonument staan op die plek waar die Boerekommando's van 8 tot 11 September 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog die laaste keer twee van hierdie kanonne teen die Britse magte gebruik het.
Hierdie monument bestaan uit 'n replika van ‘n Long Tomkanon en staan by , aan die oostekant van die Long Tompas, 21 km van Sabie op die pad na Lydenburg. Dit is in November 1984 opgerig deur die Rapportryerskorps van Sabie met steun van die FAK, Federasie van Rapportryerskorpse en Mondi Timber.
Sien ook Long Tompas
Verwysings
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga