Die Vrouerugbywêreldbeker 2014 (Frans: Coupe du monde de rugby féminin 2014) is van 20 tot 17 Augustus 2014 in Frankryk beslis. Dit was die sewende vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die vyfde wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied is. Die groepfase is op die Centre national du rugby in Marcoussis aangebied, terwyl die uitklopfase op die Paryse Stade Jean-Bouin gehou is.

duimnael|links|upright|Die Vrouerugbywêreldbekertrofee waarom meegeding is Twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2014 deelgeneem: Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Kasakstan, Nieu-Seeland, Samoa, Suid-Afrika, Spanje, die Verenigde State en Wallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014 is 30 wedstryde gespeel.

Engeland het die eindstryd op die Stade Jean-Bouin in Parys teen Kanada met 21–9 gewen en sodoende sy tweede vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Frankryk het in die derde en Ierland in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het die vyfde plek behaal.

Toewysing Van 27 Augustus 2009 af het die wêreldbeheerliggaam Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) belangstellende beheerliggame genooi om ’n bod in te dien vir die Vrouerugbywêreldbeker 2014. Tot op 30 Oktober 2009 kon belangstellende beheerliggame hul bod indien met die gasvroue wat op 12 Mei aangekondig is. Die aankondiging van die gasvroue is as ’n belangrike stap in die vrouerugby se geskiedenis beskou, aangesien die wêreldbeheerliggaam geen vorige vrouerugbywêreldbekertoernooi op hierdie manier in die media aangekondig het nie, ook nie met só ’n lang aanlooptyd nie. Daarbenewens het die gasvroue vier jaar tyd gehad om die toernooi voor te berei, twee keer so lank as by vorige toernooie. Die aankondiging was ook belangrik, omdat die wêreldbeheerliggaam vir die eerste keer die “nieamptelike” toernooie in 1991 en 1994 op sy amptelike toernooilys gelys het.

Op 21 Desember 2009 het die IRR die amptelike kandidaatlys vir die toernooi bekendgemaak: Kasakstan Nieu-Seeland Samoa Verenigde State

Nadat die toewysing egter tot in September 2010 uitgestel is, het die IRR aangekondig om die aansoekproses van vooraf te begin. Op 30 Junie 2011 het die IRR die toernooi aan Frankryk toegewys.

Deelnemers Die drie beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2010 – Australië, Engeland en Nieu-Seeland – het almal regstreeks gekwalifiseer. Kanada en die Verenigde State het as die enigste belangstellende spanne van hul streek gekwalifiseer. Ierland, Kasakstan, Samoa, Spanje, Suid-Afrika en Wallis het tydens plaaslike toernooie gekwalifiseer.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2014 deelgeneem het: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasvroueSewende2010Derde plek (1991, 1994, 2002, 2006)CRegstreeksVyfde2010Derde plek (2010)CSewende2010Kampioen (1994)ASesde2010Kampioen (1998, 2002, 2006, 2010)BKwalifiseringSesde2010Sewende plek (1994, 2010)BSewende2010Vierde plek (1998, 2002, 2006)ASesde2010Negende plek (1994, 1998)BDerde2006Negende plek (2002)AVyfde2006Sesde plek (1991)ADerde2010Tiende plek (2010)CSesde2010Vierde plek (1994)CSewende2010Kampioen (1991)B

Stadions Die groepfase is op die Centre national du rugby in Marcoussis aangebied, terwyl die uitklopfase op die Paryse Stade Jean-Bouin gehou is.

Marcoussis Parys Centre national du rugby Stade Jean-Bouin Kapasiteit: 8 000 Kapasiteit: 20 000 200px 200px

Formaat Die Vrouerugbywêreldbeker 2014 is oor 17 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 30 wedstryde beslis. Dit het op 1 Augustus 2014 op die Centre national du Rugby in Marcoussis met die openingswedstryd tussen Kasakstan en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig op 17 Augustus op die Stade Jean-Bouin in Parys met die eindstryd tussen Engeland en Kanada, waartydens die Rose die trofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op uitklopwedstryde, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseAugustusVr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9Groep A |style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 2Groep B |style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 2Groep C |style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 2UitspeelwedstrydeAugustusSo10Mo11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitspeelwedstryde

|style="background:#7DF9FF;"| 4

|style="background:#7DF9FF;"| 4UitklopwedstrydeAugustusSo10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitklopwedstryde

|style="background:#00cc33;"| 2

|style="background:#3399FF;"| 1 |style="background:#ffcc00| 1 Verklaring

Groepe Groep AGroep BGroep C

Groepfase Die sewende Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Twee vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag; Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die vier beste spanne wat na die uitkloprondte deurgedring het, terwyl die naasbeste vier spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 5 tot 8 deelgeneem het en die vier swakste spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 9 tot 12.

Uitspeel- en uitklopfase Van die begin van die uitspeel- en uitklopfases af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde elk bestaan het: twee halfeindstryde, twee uitspeelwedstryde en die eindstryd, waarby die uitkloprondte uit twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd bestaan het.

Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring. Die beste span van die groepfase het die vierde beste span ontmoet en die tweede beste span die derde beste span. Die naasbeste vyfde tot agtste spanne het die uitspeelwedstryde om die plekke 5 tot 8 beslis, met die vyfbeste span wat in die halfeindstryd die agtbeste span ontmoet het en die sesde geplaaste span die sewende. Die spanne wat in die groepfase negende tot twaalfde geëindig het, het aan die uitspeelwedstryde om die plekke nege tot twaalf deelgeneem, met die negende geplaaste span wat die twaalfde ontmoet het en die tiende die elfde.

2014-effek op 2017-kwalifisering Die sewe beste spanne van die toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouerugbywêreldbeker 2017 in Ierland gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State.

Betrokkenes Wedstrydbeamptes ’n Paneel van agt skeidsregters en ses lynregters is vir die toernooi ingespan.

Skeidsregters Jess Beard (Nieu-Seeland) Leah Berard (Verenigde State) Claire Hodnett (Engeland) Nicky Inwood (Nieu-Seeland) Marlize Jordaan (Suid-Afrika) Helen O’Reilly (Ierland) Amy Perrett (Australië) Sherry Trumbull (Kanada)

Lynregters Beatrice Benvenuti (Italië) Sara Cox (Engeland) Clare Daniels (Engeland) Marie Lematte (Frankryk) Alhambra Nievas (Spanje) Alex Pratt (Skotland)

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitkloprondte.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde 5–8.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde 9–12. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die uitkloprondte en die uitspeelrondte.

Groepfase Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring, terwyl die vier naasbeste spanne aan die uitspeelwedstryde 5–8 en die vier swakste spanne aan die uitspeelwedstryde 9–12 deelgeneem het.

Groep A Span321012321+10221232108625+6121231025181–3015300315148–13300

Groep B Span33008036+44113320112725+10231131026764+326300317166–14900

Groep C Span3300986+9221432015423+312631023854–161530039116–10700

Uitspeelwedstryde Om die negende plek

Halfeindrondte

11de plek

Eindstryd (9de plek)

Om die vyfde plek

Halfeindrondte

7de plek

Eindstryd (5de plek)

Uitklopwedstryde duimnael|Groepfoto van die Engelse nasionale span tydens ’n oefensessie voor die toernooi

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd

Vrouerugbywêreldkampioen 2014

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 2014.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouerugbywêreldbeker 2014: No. Span Lêer:Gold medal icon.svg Lêer:Silver medal icon.svg Lêer:Bronze medal icon.svg 4 5 6 7 8 9 10 11 12

Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Emily Scarratt 70 2 Magali Harvey 61 3 Kelly Brazier 50 4 Niamh Briggs 40 5 Ashleigh Hewson 39 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Selica Winiata 6 Shakira Baker 3 Honey Hireme 5 4 Marlie Packer 4 Kay Wilson Magali Harvey Sioned Harries Tricia Brown 9 Kelly Brazier 3 Huriana Manuel Katherine Merchant Safi N’Diaye Aroha Savage

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Vrouerugbywêreldbekerwebwerf

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Rugbykompetisies in Frankryk 2014 Kategorie:Sport in 2014