Die Pienaarpas is 'n bergpas in die Nuweveldberge in die Karoo- Nasionale Park by Beaufort-Wes, Suid-Afrika.
Hierdie roete verbind die ruskamp met 'n plato. Dit is 6,2 km lank en is slegs geskik vir die gebruik van bedrewe bestuurders van 4X4-voertuie. Dit neem so 'n bestuurder ongeveer 'n halfuur. In 2020 is die pad erg beskadig deur reën.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap