Die Klipspringerpas is 'n bergpas in die Nuweveldberge in die Karoo- Nasionale Park by Beaufort-Wes, Suid-Afrika. Dit is by 32° 18′ 27″ suid en 22° 27′ 19″ oos geleë.

Eienskappe

Die geteerde pas is 5,8 km lank en het ‘n gemiddelde helling van 1:22. Op die steilste punt is die gradiënt 1:16. Die hoogste punt is en dit is 264 m hoër as die onderste punt van die pas. ‘n Besondere kenmerk van die pas is die wye uitsig wat dit bied oor die Karoo.

Aanbou Hierdie pas is gebou volgens die beroemde tegniek van Andrew Geddes Bain en sy seun Thomas Bain. Vir die opvallende hoë stutmure is op groot skaal gebruik gemaak van klippe verkry van verlate hutte en ou werf-, kraal- en plaasgrensmure. Konstruksie het in 1989 begin en die opening is op 12 Junie 1992 deur die minister van vervoer, pos en telekommunikasie, dr. Piet Welgemoed waargeneem.

Sien ook Pienaarpas Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bronnelys Roderigues, Jan: Karoo Nasionale Park - Bain se padboumetode ingespan. In: Custos. Tydskrif oor ons Natuur en Nasionale Parke. Deel 17, nr. 8, Desember 1986. ISSN 0379-9921

Verwysings

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap