Die Alexandrië Kwartet (Engels: The Alexandria Quartet) is 'n tetralogie romans deur die Britse skrywer Lawrence Durrell wat tussen 1957 en 1960 gepubliseer is. Dit was 'n kritiese en kommersiële sukses. Die eerste drie boeke verskaf drie perspektiewe op 'n enkele reeks gebeure en karakters in Alexandrië, Egipte voor en gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die gebeure in die vierde boek speel ses jaar later af.
Die werk is heruitgereik in een volume in 1962, en Durrell het van die geleentheid gebruik gemaak om "verskeie" wysigings aan te bring.Alan G. Thomas and James A. Brigham, Lawrence Durrell, An Illustrated Checklist (Carbondale and Edwardsville, IL: Southern Illinois University Press, 1983), p. 17. Die 1962-uitgawe verteenwoordig sy laaste gedagtes.
Soos wat Durrell te kenne gee in die voorwoord tot Balthazar, is die vier romans 'n verkenning van relatiwiteit en die begrippe voortsetting (kontinuüm) en onderwerp-voorwerp verhouding, met moderne liefde as die tema. Die eerste drie boeke van die Kwartet bied dieselfde opeenvolging van gebeure deur verskeie oogpunte, wat individuele perspektiewe van 'n enkele stel gebeure toelaat. Die vierde boeke van die tetralogie toon die verandering wat met die verloop van tyd plaasvind.
Die vier romans is: Justine (1957) Balthazar (1958) Mountolive (1958) Clea (1960).
Tydens 'n Paris Review onderhoud in 1959 pp. 26–27. het Durrell die idees agter die Kwartet beskryf in terme van 'n sameloop van Oosterse en Westerse metafisika, gebaseer op Einstein se omverwerping van die ou beskouing van die materiële heelal, en Freud, wat dieselfde gedoen het ten opsigte van die konsep van stabiele persoonlikhede, wat 'n nuwe begrip van realiteit opgelewer het.
In 1998 het Modern Library Die Alexandrië Kwartet op nommer 70 geplaas op hul lys van die 100 beste Engelse romans van die 20ste eeu.
Verwysings
Verdere leesstof Haag, Michael. Alexandria: City of Memory. Londen en New Haven: Drukpers van Yale-universiteit, 2004.
Kategorie:Letterkunde