Die Vrouerugbywêreldbeker 2002 (Spaans: Copa Mundial de Rugby Femenina 2002) is van 12 tot 25 Mei 2002 in Spanje beslis. Dit was die vierde vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die tweede wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied is.

duimnael|links|upright|Die Vrouerugbywêreldbekertrofee waarom meegeding is Die organiseerders het ’n aantal nasionale vrouerugbyspanne uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, waarvan 16 ingestem het: Australië, Duitsland, Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Kasakstan, Nederland, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Spanje, die Verenigde State en Wallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2002 is 32 wedstryde gespeel.

Nieu-Seeland het die eindstryd op die Olimpiese Stadion Lluís Companys in Barcelona teen Engeland met 19–9 gewen en sodoende sy tweede vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Frankryk het in die derde en Kanada in die vierde plek geëindig.

Deelnemers Die organiseerders het ’n aantal nasionale spanne uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, waarvan 17 ingestem het. Voor die toernooi is ’n kwalifiseringswedstryd gehou om die aantal spanne op 16 te reduseer.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2002 deelgeneem het: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasvroueDerde1998Sesde plek (1991)CUitgenooiTweede1998Vyfde plek (1998)ATweede199814de plek (1998)AVierde1998Kampioen (1994)CVierde1998Derde plek (1991, 1994)BDerde1998Sewende plek (1994)DDerde1998Agtste plek (1991)CVierde1998Vierde plek (1998)DDerde1998Negende plek (1994, 1998)BDerde1998Sewende plek (1991)BDerde1998Kampioen (1998)AEerste–DebuutDDerde1998Vyfde plek (1994)DVierde1998Kampioen (1991)BVierde1998Vierde plek (1994)AKwalifiseringEerste–DebuutC

Stadions Stad Stadion Kapasiteit Barcelona Camp Municipal de Rugby La Foixarda 800 Olimpiese Stadion Lluís Companys 55 926 Cornellà de Llobregat Estadi Municipal de Rugby Girona Estadi de Palau 900 L’Hospitalet de Llobregat Estadio Municipal de Fútbol de L’Hospitalet 6 740 Sant Boi de Llobregat Estadi Baldiri Aleu 4 000 Zaragoza Centro Deportivo Municipal Velodromo 2 000

Formaat Die Vrouerugbywêreldbeker 2002 is oor 13 dae tussen 16 verskillende spanne oor 40 wedstryde beslis. Dit het op 12 Mei 2002 op die Estadi Municipal de Rugby in Cornellà de Llobregat met die openingswedstryd tussen die gasvroue Spamje en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig op 25 Mei op die Olimpiese Stadion Lluís Companys in Barcelona met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die Black Ferns die trofee verdedig het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op uitklopwedstryde, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMeiSo12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18Groep A | |style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 1 |style="background:#C364F3;"| 1Groep B | |style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 1 |style="background:#C364F3;"| 1Groep C |style="background:#C364F3;"| 1 |style="background:#C364F3;"| 1

|style="background:#C364F3;"| 1 |style="background:#C364F3;"| 1Groep D | |style="background:#C364F3;"| 2

|style="background:#C364F3;"| 1 |style="background:#C364F3;"| 1UitspeelwedstrydeMeiSo19Ma20Di21Wo22Uitspeelwedstryde | |style="background:#7DF9FF;"| 4 |style="background:#7DF9FF;"| 4 |UitklopwedstrydeMaiDo23Vr24Sa25Uitklopwedstryde | |style="background:#00cc33;"| 4 |style="background:#00cc33;"| 3 |style="background:#3399FF;"| 1 |style="background:#ffcc00| 1 Verklaring

Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D

Groep- en uitkloprondte Die vierde Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur 16 nasionale vrouerugbyspanne beslis. Daar is slegs een kwalifiseringswedstryd voor die toernooi gehou, aangesien die deelnemende spanne deur die organiseerders genooi is. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne, volgens hul plek, in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het twee wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

In die groepfase se eerste rondte het die beste en swakste geplaaste asook die twee middelgeplaaste spanne mekaar ontmoet. Ná die eerste rondte is die spanne opnuut geplaas met die eerste rondte se twee wenners en verloorders wat in die tweede rondte mekaar kruisgewys ontmoet het. Vir die eerste rondte se wenners was dit die kwarteindrondte van die uitklopfase, terwyl dit vir die verloorders gelyktydig ’n uitspeelwedstryd was. Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die beste span van elke groep wat na die uitklopfase deurgedring het, terwyl die naaswenners aan die uitspeelwedstryde om die vyfde plek deelgeneem het, die derde geplaaste spane om die negende plek en die laaste spanne om die 13. plek.

Wedstryde Beker (Plekke 1–4)

Plekke 5–8

Plekke 9–16

Plekke 13–16

Kwalifiseer vir die Beker.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Beker en die uitspeelwedstryde.

Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Beker deurgedring, terwyl die twee ander spanne aan die uitspeelwedstryde deelgeneem het.

Groep A Span22001533+150621013336−3421017730+47420020194–1942

Groep B Span22005221+31621019621+75421014941+84200210124–1142

Groep C Span22007614+62621016713+54421013966–2742002392–892

Groep D Span2200680+68621011314–1421012513+1242002079–792

Uitspeelwedstryde 13de–16de plek

9de–12de plek

5de–8ste plek

Halfeindrondte

Uitkloprondte 15de/16de plek

13de/14de plek

11de/12de plek

9de/10de plek

7de/8ste plek

5de/6de plek

3de/4de plek

Eindstryd

Vrouerugbywêreldkampioen 2002

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 2002.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouerugbywêreldbeker 2002: RangSpan 1 4 4 0 0 202 2 4 3 0 1 138 3 4 3 0 1 93 4 4 2 0 2 85 5 4 2 0 2 63 6 4 2 0 2 41 7 4 3 0 1 137 8 4 1 0 3 83 9 4 3 0 1 56 10 4 2 0 2 126 11 4 2 0 2 72 12 4 1 0 3 45 13 4 2 0 2 58 14 4 1 0 3 18 15 4 1 0 3 33 16 4 0 0 4 19

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Vrouerugbywêreldbekerwebwerf

Kategorie:Geskiedenis van Spanje Kategorie:Rugby in Spanje 2002 Kategorie:Sport in 2002 Kategorie:Sportkompetisies in Spanje