Strauss, Strauß of Straus is 'n algemene Germaanse van. Buite Duitsland en Oostenryk word Strauß gewoonlik as Strauss geskryf (die letter "ß" word nie in die Duitssprekende gedeelte van Switserland gebruik nie). In klassieke musiek verwys "Strauss" gewoonlik na Richard Strauss of Johann Strauss II.

Die van word vir ten minste een duisend jaar reeds deur families in die Germaanse area gebruik. Die opperheer van Gröna gebruik byvoorbeeld die naam Struz en gebruik die afbeelding van 'n volstruis as sy simbool. Voorbeelde hiervan kan vandag nog op die duisend-jaar-oue kerkklok van daardie dorp gesien word. "Struz" of "Strutz" is die Noord-Duitse vorm van die woord "Strauss", wat die moderne Duitse woord vir volstruis is.

Van die eerste Joodse draers van die van kom van die Joodse kwartier in Frankfurt tydens die Middeleeue, waar families volgens die naam van die huise wat hulle bewoon het, geken is. Al die huise het name gehad en daaronder was die huis Strauß wat ook 'n afbeelding van 'n volstruis aan die voorkant gehad het.

Nadat Napoleon in 1808 vanne verpligtend vir belastingdoeleindes gemaak het, het meer Joodse families besluit om die van Straus(s) aan te neem.

Noemenswaardige mense Adriaan Strauss (gebore 1985), Suid-Afrikaanse rugbyspeler Andries Strauss (gebore 1984), Suid-Afrikaanse rugbyspeler Claude Lévi-Strauss (1908-2009), Franse antropoloog Danie Strauss (gebore 1946), Suid-Afrikaanse akademikus en filosoof Dominique Strauss-Kahn (gebore 1949), Franse politikus Ian Strauss, Suid-Afrikaanse akteur Jo-Ann Strauss (gebore 1981), Suid-Afrikaanse model Johann Strauss I (1804-1849), Oostenrykse komponis Johann Strauss II (1825-1899), Oostenrykse komponis Josef Strauss (1827-1870), Oostenrykse komponis Josh Strauss (gebore 1986), Suid-Afrikaanse rugbyspeler Kim Strauss (gebore 1946), Amerikaanse akteur Koos Strauss (1900-1990), Suid-Afrikaanse politikus Leo Strauss (1899-1973), Amerikaanse filosoof Nicole Strauss (gebore 1972), Suid-Afrikaanse skrywer Peter Strauss (gebore 1947), Amerikaanse akteur Pieter Strauss (gebore 1960), Suid-Afrikaanse skrywer Richard Strauss (1864-1949), Duitse komponis Robert Strauss (1913-1975), Amerikaanse akteur Rolene Strauss (gebore 1992), Suid-Afrikaanse model Tiaan Strauss, Suid-Afrikaanse rugbyspeler

Ander gebruike Strausberg

Verwysings

Sien ook Strauss-familie

Kategorie:Afrikaanse vanne Kategorie:Duitse vanne