Everything Calls for Salvation (Italiaans: Tutto chiede salvezza) is 'n Italiaanse televisiedramareeks van twee seisoene wat geskoei is op die roman met dieselfde naam deur Daniele Mencarelli. Die eerste seisoen is op 14 Oktober 2022 op Netflix uitgereik en die tweede seisoen op 26 September 2024.
Storielyn 'n Jong man word in 'n psigiatriese saal wakker nadat hy onwetend deur sy familie laat opneem is. Die eerste seisoen gaan oor sy week in die hospitaal. In die tweede seisoen werk hy as hulpverpleër in dieselfde hospitaal en ontmoet hy 'n klomp nuwe pasiënte.
Ontvangs Joel Keller van die wetuiste Decider verwys na die reeks as 'n "sagter, optimistieser weergawe van One Flew Over the Cuckoo's Nest".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Televisiereekse