Die luisvlieë (Hippoboscidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies is middelgroot, 8-12 mm. Die familie is baie plat en hard met wye gryppote wat omvorm is om aan die hare van soogdiere of die vere van voëls vas te klou. Hulle is bloedsuiers en die vlerke is soms gereduseer. Die maaiers word lewend gebore en verpop dan dadelik.
Hierdie familie kan met twee verwante families verwar word: vlermuisluisvlieë en vlermuisvlieë.
Daar is 37 spesies bekend.
Verwysings
Bronnelys Insektopedie, Erik Holm, Struik Nature, 2017, Bl.184,
Kategorie:Tweevlerkiges