Die Vrouerugbywêreldbeker 1994 (Engels: 1994 Women’s Rugby World Cup) is van 11 tot 24 April 1994 in Skotland beslis. Dit was die tweede vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap. Oorspronklik sou dié toernooi van 10 tot 24 April in Amsterdam aangebied word, maar dit is enkele weke voor sy begin verskuif, omdat die organiseerders nie die erkenning deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) verkry het nie. Dit is eers terugwerkend, nadat die beheerliggaam die organisasie van die toernooi oorgeneem het, amptelik as die tweede vrouerugbywêreldbekertoernooi erken. In 2009 is dit amptelike en terugwerkend deur die wêreldbeheerliggaam as vrouerugbywêreldbekertoernooi erken, toe vir die eerste keer ’n lys van al die vrouerugbywêreldkampioene uitgereik is.

Die organiseerders het ’n aantal nasionale spanne uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, waarvan twaalf ingestem het: Engeland, Frankryk, Ierland, Japan, Kanada, Kasakstan, Rusland, Skotland, Skotse Studente, Spanje, Swede, die Verenigde State en Wallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 1994 is 31 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase, sewe tydens die Plaat, vier in die Skild en agt in die Kampioenskap, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte (die Kampioenskap) gekwalifiseer, terwyl die ander span aan die Plaat deelgeneem het. Spanne wat in die Kampioenskap se kwarteindrondte uitgeskakel is, het aan die Skild deelgeneem.

Engeland het die eindstryd op Raeburn Place in Edinburg teen die Verenigde State met 38–23 gewen en sodoende sy eerste vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Frankryk het in die derde en Wallis in die vierde plek geëindig.

Aanbieding In die protokol van die IRVR se tussentydse vergadering staan die volgende oor die “Internasionale Vrouetoernooi 1994” geskryf:

“Die Raad het ooreengekom om die oorweging van deelname deur lidunies aan die toernooi uit te stel totdat ’n formele versoek deur die organiseerders ontvang word.”

Vervolgens was dit onseker, of die toernooi as ’t ware die “Vrouerugbywêreldbeker” was, buitendien het die IRVR geweier om die toernooi ongeag van sy status te ondersteun – die “uitstelling” was in praktyk ’n weiering om in te stem, aangesien die volgende beplande IRVR-vergadering slegs enkele dae voor die toernooi se afskop geskeduleer is.

Om dié rede het ’n aantal rugbyunies daarop besluit, om nie die reiskoste te dra nie (waaronder Nieu-Seeland, waar die vrouerugby intussen volledig in die beheerliggaam geïntegreer was, en later ook ander beheerliggame) of hulle geheel en al aan die toernooi te onttrek. Gevolglik het verskeie spanlede daarop besluit om die koste self te betaal, maar die onsekerheid oor die aanbieding en die finansiële risiko wat met die uitskakeling van die toernooi gepaard gegaan het, het die organiseerders genoop om die toernooi (nogal skielik) af te las.

Diegene vroue, wat hard geoefen het en geveg het om geld in te samel, was deur die kansellasie teleurgesteld en het gou ’n eie toernooi in Skotland gereël. Ondanks die IRVR se dreigemente met sanksies teen beheerliggame, wat aan die nieerkende toernooi deelneem, het dit plaasgevind.

Hierdie Vrouerugbywêreldbeker is soos die vorige 1991-toernooi nie deur die IRVR erken nie en die Skotse organiseerders het ook geen amptelike erkenning versoek nie. Nogtans het al die deelnemende spanne dit as ’n “werklike” wêreldbeker beskou.

Aan die toernooi het uiteindelik elf van die oorspronklik 16 beplande spanne deelgeneem – naas Nieu-Seeland het Nederland as oorspronklike gasvroue hulle ook aan die toernooi onttrek, Spanje het eers laat onttrek – nadat die groepe se loting reeds plaasgevind het – en hulle is met ’n Skotse Studentespan vervang. Ook Italië en Duitsland was noemenswaardige was noemenswaardige afwesige spanne. Die Sowjetunie wou deelneem, maar ná sy ontbinding is dit met Rusland en Kasakstan vervang.

Reeds tydens die toernooi was dit ’n groot sukses.

Deelnemers Die organiseerders het ’n aantal nasionale spanne uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, waarvan elf ingestem het. Weens Spanje se korttermyn-onttrekking het ’n Skotse Sudentespan deelgeneem om die groep aan te vul. Dit is die enigste toernooi waaraan Nieu-Seeland nie deelgeneem het nie.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 1994 deelgeneem het: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasvroueEerste–DebuutBUitgenooiTweede1991Naaswenner (1991)BTweede1991Derde plek (1991)CEerste–DebuutCTweede1991Elfde plek (1991)ATweede1991Vyfde plek (1991)DEerste–DebuutDEerste–DebuutB Skotse StudenteEerste–DebuutCTweede1991Tiende plek (1991)ATweede1991Kampioen (1991)ATweede1991Negende plek (1991)D

Stadions Edinburg Edinburg Raeburn Place Meggetland Sportkompleks Kapasiteit: 2 500 Kapasiteit: 4 388 200px 200px Melrose Milngavie Greenyards Burnbrae Kapasiteit: 1 174 Kapasiteit: 2 500 200px 200px Kirkcaldy Galashiels Beveridgepark Netherdale Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 4 000 200px

Formaat Die Vrouerugbywêreldbeker 1994 is oor 14 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 11 April 1994 op Greenyards in Melrose met die openingswedstryd tussen Swede en die Verenigde State afgeskop. Die toernooi het geëindig op 24 April op die Raeburn Place in Edinburg met die eindstryd tussen Engeland en Verenigde State, waartydens die Rose die trofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 1994 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op wedstryde tydens die Plaat, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die Kampioenskap en Skild, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseAprilMa11Di12Wo13Do14Vr15Sa16Groep A |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 |Groep B |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 |Groep C |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 |Groep D |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 | |style="background:#C364F3;"| 1 |PlaatAprilSa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Plaat |style="background:#7DF9FF;"| 2 | |style="background:#7DF9FF;"| 2 | |style="background:#7DF9FF;"| 2 | |style="background:#7DF9FF;"| 1Kampioenskap en SkildAprilSa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24Kampioenskap en Skild |style="background:#00cc33;"| 4

|style="background:#00cc33;"| 4

|style="background:#00cc33;"| 2 |style="background:#3399FF;"| 1 |style="background:#ffcc00| 1 Verklaring

Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D Skotse Studente

Groepfase Die tweede Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die organiseerders genooi. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne van elke groep wat na die kwarteindrondte (die Kampioenskap) deurgedring het, terwyl die derde geplaaste span aan die Plaat deelgeneem het.

Plaat Die Plaat het bestaan uit een groep van vier spanne, waar elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het en die twee beste spanne in die eindstryd ontmoet het.

Kampioenskap en Skild Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit twaalf wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die Kampioenskap deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep C en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep D gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het. Spanne wat in die Kampioenskap se halfeindrondte uitgeskakel is, het aan die Skild deelgeneem.

Wedstryde Kwalifiseer vir die Kampioenskap.Kwalifiseer vir die Plaat. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Plaat en die Kampioenskap.

Groepfase Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Kampioenskap deurgedring, terwyl die derde span aan die Plaat deelgeneem het.

Groep A Span22002320+2326210110126−116420025121–1162

Groep B Span2200920+92621015126+25420020117–1172

Groep C Span22001088+100621011836–184 Skotse Studente20021395–822

Groep D Span22004013+27621013311+2242002857–492

Plaat Groepfase Span9.33008312+71910.32014656–10711.31023757–20512. Skotse Studente30032465–413

Eindstryd

Kampioenskap

Skild

Kwarteindrondte

Kampioenskap-halfeinrondte

Skild-halfeindrondte

Skild-bronseindstryd (sewende plek)

Skild-eindstryd (vyfde plek)

Beker-brondseindstryd

Eindstryd

Vrouerugbywêreldkampioen 1994

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 1994.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouerugbywêreldbeker 1994:

Skotland is deur twee spanne verteenwoordig: die nasionale span en ’n studentespan No. Span Lêer:Gold medal icon.svg Lêer:Silver medal icon.svg Lêer:Bronze medal icon.svg 4 5 6 7 8 9 10 11 – Skotse Studente

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Vrouerugbywêreldbekerwebwerf

Kategorie:Geskiedenis van Skotland Kategorie:Rugbykompetisies in Skotland 1994 Kategorie:Sport in 1994