Die Sweedse kroon (Sweeds: krona, meervoud: kronor) is die geldeenheid van Swede.
Geskiedenis duimnael|2 Sweedse kroone 1897 Die kroon is as gevolg van die Skandinawiese Monetêre Unie in 1873 ingevoer en het sodoende die Riksdaler as wettige betaalmiddel vervang. Die kroon het tot by die Eerste Wêreldoorlog as die gemeenskaplike geldeenheid van Swede, Noorweë en Denemarke gedien. Al drie lande het ná die ontbinding van hul monetêre unie besluit om hul nuwe en onafhanklike nasionale geldeenhede steeds ”kroon“ te noem en 'n vaste wisselkoers volgens die goudstandaard toe te pas.
Banknote en muntstukke Op die Sweedse een-kroon-muntstuk word tradisioneel die portret van die Sweedse monarg of monargin op een en die staatswapen (of die koninklike kroon) op die ander kant afgebeeld. Daarnaas verskyn ook die koninklike leuse op die muntstuk.
Die historiese voorlopers was die „Riksdaler“ (wat in 48 ”Skilling Banco“ opgedeel is). Die nuwe Riksdaler is vanaf 1858 in 100 öre opgedeel.
+ Sweedse banknote Geldwaarde Portret 20 Selma Lagerlöf 50 Jenny Lind 100 Carl von Linné 500 Karl XI (voorkant)Christopher Polhem (agterkant) 1000 Gustav I Wasa
+ Sweedse muntstukke Geldwaarde Afbeelding 0,50 Drie krone 1 Portret van die koning 5 Die koning se voorletters 10 Portret van die koning
Volgens 'n besluit van die Sweedse parlement is die 50-öre-muntstuk op 30 September 2010 afgeskaf. Femtioöringen tas bort (FiU37)
Notas
Verwysings
Eksterne skakels
www.riksbank.se – Webtuiste van die Sweeds Ryksbank (ook in Engels beskikbaar) Beelde van Sweedse muntstukke
Kategorie:Ekonomie van Swede Kategorie:Geldeenhede