John Fredrik Reinfeldt ([ˈfreːdrɪk ˈrajnˌfɛlt], * 4 Augustus 1965) is 'n Sweedse politikus. Hy was van 2003 tot 2015 partyleier van die konserwatiewe Moderata samlingspartiet.
Ná die politieke alliansie Allians för Sverige se oorwinning in die nasionale verkiesing op 1 September 2006 is Fredrik Reinfeldt op 5 Oktober 2006 as die eerste minister van Swede (Sweeds: statsminister) verkies. Hy was destyds die derde jongste politikus wat hierdie amp beklee het.
Reinfeldt was van 1992 tot 2013 getroud met Filippa Reinfeldt, 'n konserwatiewe afgevaardigde in die parlement van Stockholms län.
Eksterne skakels
Kategorie:Sweedse politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Presidente van die Europese Raad