duimnael|regs|200px|Die Winterdriehoek, soos gesien uit Suid-Afrika. Die Winterdriehoek (in die Noordelike Halfrond bekend as die "Somerdriehoek") is 'n eenvoudige, maar nogtans sigbare sterrepatroon of asterisme van drie sterre aan die sterrehemel.
Op winteraande is dit die opvallendste sterrepatroon aan die suidelike naghemel. Dit kan selfs in groter stedelike gebiede gesien word ondanks ligbesoedeling, asook deur ligte sluierwolke.
Die beeld bestaan uit die sterre Vega, in die sterrebeeld Lier Deneb, in die sterrebeeld Swaan Altair (soms ook Atair genoem) in die sterrebeeld Arend
Navorsers glo die oudste bekende afbeelding van die Winterdriehoek kom in die ongeveer 16 500 jaar oue grotskilderye van Lascaux, Frankryk, voor.
Verwysings
Kategorie:Asterismes Kategorie:Lier (sterrebeeld) Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:Arend (sterrebeeld)