Die Samoaanse nasionale vrouerugbyspan (Engels: Samoa women’s national rugby union team; Samoaans: Manusina Samoa) is die nasionale vrouerugbyspan wat Samoa in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Samoa geadministreer deur Rugby Samoa (Lakapi Samoa) wat in 1924 gestig is. Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Samoa se bynaam is Manusina Samoa en hulle speel tradisioneel in blou truie met wit broeke en blou sokkies.
Samoa het in 2000 sy eerste internasionale wedstryd teen Japan gespeel. Die span neem deel aan die jaarlikse Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap, saam met Fidji, Papoea-Nieu-Guinee en Tonga. Samoa het tot dusver vir vier van die tien vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer; in 2002 het hulle met die negende plek hul beste prestasie behaal. Die Samoaanse vrouerugbyspan is tans (September 2025) 15de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam vir rugby in Samoa is Rugby Samoa (Samoaans: Lakapi Samoa). Rugby Samoa is in 1924 gestig en het in 1988, net ná die eerste mansrugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was Rugby Samoa in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby).
Geskiedenis duimnael|links|Samoa teen Nederland tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014-kwalifisering Samoa het tot dusver vir drie vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer: in 2002, 2006 en 2014.
Die Samoane het die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap 2019 in Fidji beklink. In Julie 2021 sou die span twee toetswedstryde teen Australië speel, maar hulle moes vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie gekanselleer word.
As gevolg van die reisbeperkings tydens die wêreldwye Covid-19-pandemie het die span homself aan die Vrouerugbywêreldbeker 2021-kwalifisering in Doebai onttrek.
In 2023 het die Samoane hul eerste Oseanië-titel ná ’n oorwinning oor die Fidjiane ingepalm. Daarmee het hulle ook vir Wêreldrugby se eerste WXV-toernooi in afdeling WXV 2 gekwalifiseer.
Kleure, embleem en bynaam Samoa speel tradisioneel in ’n blou trui met wit kleuraksente, wit broeke en blou sokkies. Hul alternatiewe trui is wit met blou kleuraksente, blou broeke en wit sokkies.
Die beheerliggaam Rugby Samoa se kenteken toon die wapen van Samoa met die belettering Samoa Rugby Union daaronder. Die embleem toon die Suiderkruis, die nasionale simbool van Samoa. Die nasionale span se bynaam is Manusina Samoa.
Tuisstadion Samoa se tuisstadion is die Apiapark in die hoofstad Apia met ’n kapasiteit van 8 000. Dié stadion is in 1924 ingewy en het sedertdien elke tuiswedstryd aangebied.
Toetswedstryde Samoa het 21 van sy 43 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 48,84%. Samoa se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):
Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 2 0 2 0 0,00 3 0 3 0 0,00 7 3 4 0 42,85 1 1 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00 3 3 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 2 0 2 0 0,00 4 4 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 3 0 3 0 0,00 2 1 0 1 50,00 1 1 0 0 100,00 5 5 0 0 100,00 2 0 2 0 0,00 1 1 0 0 100,00Algeheel 43 21 21 1 48,84
Rekords Wêreldbekerrekord Samoa het tot dusver vir vier vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Hul beste prestasie was die negende plek tydens die 2002-toernooi.
Jaar Uitslag 1991 Nie genooi nie 1994 Nie genooi nie 1998 Nie genooi nie 2002 Negende plek 2006 Tiende plek 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Elfde plek 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Nie deelgeneem nie 2025 Groepfase 2029 2033
Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap Samoa se enigste jaarlikse toernooi sedert 2016 is die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap, waartydens hulle teen Fidji, Papoea-Nieu-Guinee en Tonga speel. Hulle het die toernooi een keer gewen.
Titeloorwinnings (1): 2023
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Samoaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:
+ Agterspelers (backs) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Ana-Maria Afuie Skrumskakel Sunnybank 6 Saelua Leaula Skrumskakel klubloos 15 Faalua Tugaga Skrumskakel klubloos 7 Drenna Falaniko Senter Petone / Wellington 4 Madisen-Jade Iva Senter klubloos 0 Davina Lasini Senter Brothers Rugby Club 6 Faʻasua Makisi Senter Oriental Rongotai / Wellington 2 Keilamarita Pouri-Lane Senter Penina Pasifika 0 Harmony Vatau Senter Endeavour Hills / Penina Pasifika 7 Lutia Col Aumua Vleuel klubloos 9 Michelle Curry Vleuel klubloos 8 Linda Fiafia Vleuel klubloos 13 Taytana Pati Ah-Cheung Heelagter klubloos 2 Melina Salale Heelagter Penina Pasifika 1 Karla Wright-Akeli Heelagter Ponsonby Fillies / Auckland 7+ Voorspelers (forwards) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Avau Valentina Filimaua Haker Linwood / Canterbury / Penina Pasifika 8 Cathy Ulu’ulumatafolau Leuta Haker Papatoetoe / Counties Manukau / Penina Pasifika 9 Faith Nonutunu Haker klubloos 0 Denise Aiolupotea Stut MAC / Hawke’s Bay / Hurricanes Poua 6 Glory Aiono Samuelu Stut klubloos 7 Tori Iosefo Stut MAC / Hawke’s Bay Penina Pasifika 5 Ana Mamea Stut Papatoetoe / Counties Manukau 14 Ti Tauasosi Stut Marist Old Boys / Auckland / Penina Pasifika 10 Demielle Onesemo-Tuilaepa Slot Penina Pasifika 0 Ana-Lise Sio Slot Tuggeranong Vikings 8 Jayjay Taylor Slot Sunnybank 0 Utumalama Atonio Losvoorspeler Papatoetoe / Counties Manukau 15 Joanna Fanene-Lolo Losvoorspeler Marist Old Boys / Auckland 3 Nina Foaese Losvoorspeler Norths / Wellington / Penina Pasifika 23 Christabelle Onesemo-Tuilaepa Losvoorspeler Penina Pasifika 1 Sinead Ryder Losvoorspeler klubloos 6 Sui Pauaraisa 15px|Kaptein Losvoorspeler Linwood / Canterbury 24
Bekende spelers Tot dusver is nog geen Samoaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.
Afrigters Die volgende persone het al as hoofafrigters van Manusina Samoa gedien:
Naam Tydperk Feturi Elisaia 2002 Peter Fatialofa 2013 Euini Lale Faumuina 2014–? Ramsey Tomokino sedert 2018
Sien ook
Samoaanse nasionale rugbyspan
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Rugby Samoa Samoa by Wêreldrugby
Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Samoa