Die Skotse nasionale vrouerugbyspan (Engels: Scotland women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat Skotland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Skotland deur die Skotse Rugbyunie (Scottish Rugby Union, SRU) geadministreer. Skotland neem jaarliks aan die Sesnasies-vrouetoernooi deel, saam met Engeland, Frankryk, Ierland, Italië en Wallis. Skotland het die kampioenskap reeds een keer gewen, insluitende een Grand Slam, by altesaam 30 toernooie.

Skotland het sy eerste internasionale wedstryd in 1993 tuis gespeel, toe hulle in Edinburg Ierland geklop het. Skotse spelers dra tradisioneel donkerblou truie, wit broeke en blou sokkies – wat aan die kleure van die vlag van Skotland ontleen is. Skotland se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Skotland het tot dusver vir sewe van die tien toernooie gekwalifiseer en slegs die 1991-, 2014 en 2017-toernooie misgeloop; in 1994 het hulle met die vyfde plek hul beste prestasie behaal. Die Skotse vrouerugbyspan is tans (September 2025) sesde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Skotland is die Skotse Rugbyunie (Scottish Rugby Union, SRU). Die SRU is in 1873 as Skotse Voetbalunie (Scottish Football Union, SFU) gestig en is naas die Engelse Rugbyvoetbalunie (RFU) die tweede oudste beheerliggaam in die rugbygeskiedenis. In 1886 het die SFU saam met die Ierse Rugbyvoetbalunie (IRFU) en die Walliese Rugbyunie (WRU) die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) gestig. Sedert 1924 dra die Skotse beheerliggaam sy huidige naam. In 1999 het Skotland met die aansluiting van die Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) by die IRVR ook ’n lid van dié kontinentale beheerliggaam geword. Die belangrikste rugbyliga in Skotland is die Skotse Vrouepremierskap, waaraan sewe spanne deelneem.

Geskiedenis duimnael|Skotland tydens die Sesnasies 2024 Op 14 Februarie 1993 het die Skotte in hul eerste toetswedstryd tuis teen die Ierland gespeel. Vir Ierland was dit ook hul eerste toetswedstryd. Dié wedstryd is op Raeburn Place voor ’n gehoor van meer as 1 000 gehou. Die Skotse afrigter was Sandy Carmichael, terwyl Alain Rolland die Iere afgerig het. Skotland het dié wedstryd met 10–0 gewen ná twee drieë deur hul kaptein Sandra Colamartino. Ierland se eerste kaptein was Jill Henderson. Een jaar later, op 13 Februarie 1994, het Skotland sy eerste wegwedstryd tydens die terugwedstryd op Ravenhill gespeel. Skotland het dié wedstryd met 5–0 gewen.

In April dieselfde jaar het Skotland as gasvroue vir die Vrouerugbywêreldbeker 1994 oorgeneem en die vyfde plek behaal, gelyk aan hul beste prestasie tydens ’n vrouerugbywêreldbekertoernooi. Sedertdien het die Skotte vir die toernooie in 1998, 2002, 2006, 2010 en 2021 gekwalifiseer.

Die Skotse vrouerugby het sy hoogtepunt op 21 Maart 1998 bereik, toe die span ná ’n 8–5-oorwinning oor Engeland die Tuisnasies met ’n Grand Slam beklink het.

Die Skotse Vrouerugbyunie (Scottish Women's Rugby Union, SWRU) was die beheerliggaam vir vrouerugby in Skotland. Van sy take was jeugwerk tot op nasionale vlak. Tydens die algemene vergadering in Junie 2009 het die SWRU besluit om met die Skotse Rugbyunie (Scottish Rugby Union, SRU) saam te smelt en sedertdien is die SRU ook vir die vrouespan verantwoordelik.

Kleure, embleem en himne duimnael|upright|Die dissel, die nasionale embleem van Skotland sedert die bewind van Alexander III van Skotland (1249–1286) en die embleem van die Skotse nasionale vrouerugbyspan Die dissel is die nasionale blom van Skotland en ook die embleem van die Skotse nasionale vrouerugbyspan. Volgens ’n legende het die “beskermende dissel” sy rol gespeel tydens die verdediging van Skotland teen ’n snagse aanval deur Noorse Wikings, een van hulle skree van pyn toe hy kaalvoet op ’n dissel trap, wat die Skotse verdedigers waarsku. Die Latynse Nemo me impune lacessit (“Niemand ontlok my ongestraf nie!” in Afrikaans) is ’n antieke leuse van die Skotse monarge, en ook van die voorste ridderorde van Skotland, die oudste en edelste orde van die dissel, en van die Skotswagte (waarvan die twee laasgenoemde aan die monarg “behoort” het).

The Flower of Scotland dien sedert 1990 as Skotland se nieamptelike volkslied. Die teks is in 1967 deur Roy Williamson van die musiekgroep The Corries geskryf, en deur die Skotse Rugbyunie as plaasvervanger vir “God Save the Queen” goedgekeur. Tydens tuiswedstryde op Murrayfield word die opvoering van The Flower of Scotland tradisioneel deur doedelsakke begelei, waardeur ’n unieke atmosfeer geskep word.

Skotland speel tradisioneel in donkerblou truie, wit broeke en blou sokkies, die kleure van die nasionale vlag. As Skotland die tuisspan is en die opponent gewoonlik in donker kleure speel – soos in wedstryde teen Frankryk en Italië – sal Skotland sy alternatiewe trui aantrek. Dit is tradisioneel ’n wit trui met donkerblou broeke en sokkies.

Stadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Italië, Kanada, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wallis beskik Skotland oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Skotte gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Skotland. Tydens die Sesnasies-vrouetoernooi word veral die Edinburg-rugbystadion in Edinburg en die Scotstoun-stadion in Glasgow gebruik.

Rugbywêreldbekerstadions

Skotland het die Vrouerugbywêreldbeker 1994 aangebied. Vir dié toernooi is ses stadions in Edinburg (twee plekke), Galashiels, Kirkcaldy, Melrose en Milngavie gebruik.

Toetswedstryde Skotland het 100 van sy 240 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 41,67%. Skotland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 4 0 4 0 0,00 1 1 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 34 2 32 0 5,88 30 5 24 1 16,67 35 18 17 0 51,42 25 9 15 1 36,00 4 3 1 0 75,00 7 1 6 0 14,29 1 1 0 0 100,00 6 5 1 0 83,33 4 0 4 0 0,00 2 2 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 24 16 8 0 66,67 6 4 2 0 66,67 9 9 0 0 100,00 7 2 5 0 28,57 39 19 20 0 48,72Algeheel 240 100 138 90 41,67

Wedywering met ander nasionale spanne Veral met die nasionale spanne van die naburige Britse Tuisnasies handhaaf die Skotte ’n intensiewe wedywering. Van die 33 toetswedstryde tot dusver teen Engeland het Skotland twee gewen en Engeland 31. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver twee keer ontmoet (in 1994 en 2025), waarvan Engeland al die wedstryde gewen het.

Naas Engeland is ook Ierland ’n belangrike mededinger. Hierdie wedywering tussen dié twee “Keltiese lande” is gekenmerk deur unieke gebeurtenisse oor dekades heen; ’n bydraende faktor is die wedersydse migrasie in die 19de en 20ste eeu. Skotland en Ierland het tot dusver in 34 toetswedstryde ontmoet, waarvan Skotland 18 gewen het en Ierland 16. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver drie keer ontmoet (Skild-halfeindstryd 1994, uitspeelhalfeindstryde 2006 en 2010), waarvan Skotland in 1994 en 2006 gewen het en Ierland in 2010.

Rekords Wêreldbekerrekord Skotland het tot dusver aan sewe vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die vyfde plek tydens die 1994-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Vyfde plek 1998 Sesde plek 2002 Sesde plek 2006 Sesde plek 2010 Agtste plek 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Groepfase 2025 Kwarteindrondte 2029 2033

Tuisnasies / Vyfnasies / Sesnasies Skotland se enigste jaarlikse toernooi is die Sesnasies-vrouetoernooi waartydens hulle teen vyf ander Europese lande speel: Engeland, Frankryk, Ierland, Italië en Wallis. Die Sesnasies het begin as die Tuisnasies-toernooi in 1996 met Engeland, Ierland, Skotland en Wallis. Frankryk het in 1999 by die toernooi aangesluit om sodoende die Vyfnasies te vorm, voordat Spanje in 2002 toegetree het en in 2007 met Italië vervang is, waarmee die huidige Sesnasies ontstaan het. Skotland het sy eerste titel in 1998 met ’n Grand Slam gewen, d.w.s. ’n Driekroon (’n oorwinning oor al die ander drie Tuisnasies) saam met ’n oorwinning oor Frankryk gedurende dieselfde toernooi.

1 titel (1998) 1 Grand Slam (1998) 1 Driekroon (1998)

Europese Vrouerugbykampioenskap Skotland het voorheen aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deelgeneem en een toernooi beklink.

Titeloorwinnings (1): 2001

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Skotse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers (backs) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Leia Brebner-Holden Skrumskakel Loughborough Lightning 11 Rhea Clarke Skrumskakel Bristol Bears 1 Caity Mattinson Skrumskakel Trailfinders 33 Helen Nelson Losskakel Loughborough Lightning 71 Hannah Ramsay Losskakel Edinburgh 2 Beth Blacklock Senter Saracens 4 Emma Orr Senter Bristol Bears 30 Lisa Thomson Senter Trailfinders 71 Evie Wills Senter Trailfinders 6 Coreen Grant Vleuel Harlequins 17 Rhona Lloyd Vleuel Sale Sharks 59 Francesca McGhie Vleuel Trailfinders 22 Chloe Rollie Heelagter Toulon 77 Hannah Walker Heelagter Edinburgh 0+ Voorspelers (forwards) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Elis Martin Haker Loughborough Lightning 22 Lana Skeldon Haker Bristol Bears 81 Molly Wright Haker Sale Sharks 24 Leah Bartlett Stut Sale Sharks 45 Elliann Clarke Stut Bristol Bears 22 Lisa Cockburn Stut Gloucester-Hartpury / Glasgow Warriors 34 Molly Poolman Stut Edinburgh 5 Anne Young Stut Loughborough Lightning 21 Sarah Bonar Slot Harlequins 47 Becky Boyd Slot Loughborough Lightning 3 Eva Donaldson Slot Sale Sharks 17 Adelle Ferrie Slot Edinburgh 6 Emma Wassell Slot Trailfinders 69 Evie Gallagher Losvoorspeler Bristol Bears 37 Jade Konkel Losvoorspeler Harlequins 71 Rachel Malcolm 15px|Kaptein Losvoorspeler Trailfinders 58 Rachel McLachlan Losvoorspeler Montpellier 53 Alex Stewart Losvoorspeler Edinburgh 13

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Skotse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Skotse nasionale rugbyspan Skotse nasionale vrouekrieketspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Skotse Rugbyunie Skotland by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Skotland