Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan (oftewel Vroue-Springbokke; Engels: Springbok Women) is die nasionale vrouerugbyspan wat Suid-Afrika in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Die span se bynaam is ontleen aan die springbok, die nasionale dier van Suid-Afrika. Rugby is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die nasionale span word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) geadministreer.

Suid-Afrika het in 2004 sy eerste toetswedstryd teen Wallis gespeel. Suid-Afrika se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Suid-Afrika het tot dusver vir vyf van die tien toernooie gekwalifiseer en tydens die 2025-toernooi met die Kwarteindstryd hul beste prestasie behaal. Sedert 2019 neem Suid-Afrika aan die jaarlikse Afrikakampioenskap deel en het al die toernooie beklink. Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan is tans (September 2025) tiende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Suid-Afrikaanse spelers dra tradisioneel groen-en-goud truie, wit broeke en groen-en-goud sokkies.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Suid-Afrika is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), tot in 2005 Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (SARVU) genoem. Dit het in 1992 met die saamsmelting van die blanke Suid-Afrikaanse Rugbyraad en die multiëtniese Suid-Afrikaanse Rugbyunie ontstaan. Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam kon in Julie dieselfde jaar aansluit by die Konfederasie van Afrikarugby (Engels: Confederation of African Rugby; Frans: Confédération Africaine de Rugby; nou Rugby Afrika) en is sedertdien by verre die vasteland se belangrikste beheerliggaam. Die belangrikste rugbyliga in Suid-Afrika is die Vrouepremierafdeling, waaraan agt spanne deelneem. Benede word die Vroue Eerste Afdeling tussen sewe spanne beslis.

Naas die amptelike nasionale span roep die SARU ook ander keurspanne byeen. Die Vroue-Blitsbokke is die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Elke Suid-Afrikaanse universiteit beskik oor ’n eie vrouerugbyspan wat aan die Varsityvrouebeker deelneem.

Geskiedenis duimnael|Suid-Afrika tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014 In 2004 het die Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan sy eerste toetswedstryd teen Wallis gespeel. Hulle het die Afrikakampioenskap vier keer gewen: in 2019, 2022, 2024 en 2025. In September 2022 het Suid-Afrika ná oorwinnings oor Japan en Spanje die elfde plek op Wêreldrugby se wêreldranglys behaal.

Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 het die Vroue-Springbokke ná ’n duidelike oorwinning oor die debutant Brasilië vir die eerste keer Italië geklop, gevolg deur ’n swak nederlaag teen Frankryk, waarmee die Suid-Afrikaners vir die eerste keer die kwarteindrondte gehaal het. Suid-Afrika het egter teen Nieu-Seeland vasgeval.

Springboktrui Suid-Afrika speel in groen truie met ’n goue kraag, wit broeke en groen sokkies. Op die linker bors is die Suid-Afrikaanse Rugbyuniekenteken en op die regter bors die springbokkenteken geborduur. Geel/goud en groen is die nasionale sportkleure van Suid-Afrika en word ook op die landsvlag gebruik.

Stadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Italië, Kanada, Nieu-Seeland, Skotland, die Verenigde State en Wallis beskik Suid-Afrika oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Suid-Afrikane gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Suid-Afrika.

Toetswedstryde Suid-Afrika het 37 van sy 84 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 44,05%. Skotland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 4 0 4 0 0,00 1 1 0 0 100,00 6 0 6 0 0,00 1 0 1 0 0,00 6 0 4 5 0,00 1 0 1 0 0,00 2 0 2 0 0,00 2 1 1 0 50,00 2 2 0 0 100,00 6 0 6 0 0,00 4 3 1 0 75,00 7 7 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 2 0 2 0 0,00 3 1 1 1 33,33 5 2 3 0 40,00 9 6 3 0 66,67 3 3 0 0 100,00 6 1 5 0 16,67 8 2 6 0 25,00 1 1 0 0 100,00Algeheel 84 37 45 2 44,05

Rekords Wêreldbekerrekord Suid-Afrika het tot dusver aan vyf vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die Kwarteindrondte tydens die 2025-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Nie genooi nie 1994 Nie genooi nie 1998 Nie genooi nie 2002 Nie genooi nie 2006 Twaalfde plek 2010 Tiende plek 2014 Tiende plek 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Groepfase 2025 Kwarteindrondte 2029 2033

Afrikakampioenskappe Suid-Afrika neem sedert 2019 aan die jaarlikse Afrikakampioenskappe deel en het al die toernooie gewen.

Titeloorwinnings (5): 2019, 2023, 2024, 2025, 2026

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Suid-Afrikaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers Speler Posisie Klub Toetswedstryde Unam Tose Skrumskakel Bulle Daisies 27 Tayla Kinsey Skrumskakel Sharks 40 Libbie Janse van Rensburg Losskakel Bulle Daisies 27 Mary Zulu Losskakel Bulle Daisies 15 Zintle Mpupha Senter Bulle Daisies 26 Aphiwe Ngwevu Senter Border Ladies 27 Chumisa Qawe Senter Bulle Daisies 22 Eloise Webb Senter Bulle Daisies 17 Jakkie Cilliers Vleuel Bulle Daisies 19 Ayanda Malinga Vleuel Bulle Daisies 13 Maceala Samboya Vleuel Boland Dames 4 Byrhandré Dolf Heelagter Bulle Daisies 22 Nadine Roos Heelagter klubloos 18+ Voorspelers Speler Posisie Klub Toetswedstryde Micke Günter Haker Leicester Tigers 13 Lindelwa Gwala Haker klubloos 35 Luchell Hanekom Haker Westelike Provinsie 9 Sanelisiwe Charlie Stut Bulle Daisies 26 Xoliswa Khuzwayo Stut Goue Leeus 8 Yonela Ngxingolo Stut Bulle Daisies 35 Babalwa Latsha Stut klubloos 36 Nombuyekezo Mdliki Stut Border Ladies 5 Nolusindiso Booi 15px|Kaptein Slot Westelike Provinsie 52 Danelle Lochner Slot Harlequins 19 Nomsai Mokwai Slot Westelike Provinsie 13 Anathi Qolo Slot Bulle Daisies 9 Vainah Ubisi Slot Bulle Daisies 18 Aseza Hele Losvoorspeler Boland Dames 28 Catha Jacobs Losvoorspeler klubloos 22 Lerato Makua Losvoorspeler Bulle Daisies 15 Sinazo Mcatshulwa Losvoorspeler klubloos 38 Sizophila Solontsi Losvoorspeler Bulle Daisies 28 Faith Tshauke Losvoorspeler Bulle Daisies 3

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Suid-Afrikaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Springbokke, Suid-Afrika se nasionale mansrugbyspan Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Suid-Afrika by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspanne