Die Russiese nasionale vrouerugbyspan (Russies: Женская сборная России по регби) is die nasionale vrouerugbyspan wat Rusland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Rusland geadministreer deur die Russiese Rugbyunie (Russies: Союз регбистов России, afgekort “FRR”) wat in 1936 gestig is en sedert 1990 op sy eie optree. Die Russiese span speel tradisioneel in rooi truie met blou broeke en rooi sokkies. Die Russiese vrouerugbyspan is tans (Junie 2025) 18de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Rusland het sy eerste toetswedstryd in 1994 teen Engeland gespeel. Rusland het tot dusver vir twee van die nege vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer; in 1994 het hulle met die elfde plek hul beste prestasie behaal.

Weens die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is die Russiese beheerliggaam deur die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby en die vastelandse beheerliggaam Rugby Europa geskors. Sedertdien is die Russiese span van die internasionale spelprogram uitgesluit.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Rusland is die Russiese Rugbyunie (Russies: Союз регбистов России, afgekort “FRR”). Die FRR is in 1936 gestig en het in 1990, voor die Ontbinding van die Sowjetunie, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Twee jaar later het die Russiese Rugbyunie by die vastelandse beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) aangesluit.

Geskiedenis In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 is die Russiese Rugbyunie se Wêreldrugby-lidmaatskap in ooreenstemming met ander sportbeheerliggame opgeskort, waardeur die nasionale span nie meer vir die Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Engeland kon kwalifiseer nie. Die nasionale span is voorheen deur die vastelandse beheerliggaam Rugby Europa geskors.

Kleure en kenteken Rusland speel tradisioneel in ’n rooi trui met blou broeke en rooi sokkies. Hul alternatiewe trui is wit met wit broeke en rooi sokkies.

Die Russiese Rugbyunie se kenteken toon ’n gestiliseerde beerkop.

Toetswedstryde Rusland het 22 van sy 46 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 47,83%. Rusland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 5 4 1 0 80,00 2 2 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 2 0 0 2 0,00 3 3 0 0 100,00 4 0 4 0 0,00 4 3 1 0 75,00 5 1 4 0 20,00 3 3 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 2 0 2 0 0,00 4 0 4 0 0,00 2 0 2 0 0,00 3 2 1 0 66,67 1 1 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 2 0 2 0 0,00Algeheel 46 22 24 0 47,83

Rekords Wêreldbekerrekord Rusland het tot dusver aan twee vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die elfde plek tydens die 1994-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Elfde plek 1998 16de plek 2002 Nie genooi nie 2006 Nie genooi nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Gediskwalifiseer 2029 2033

Sien ook

Russiese nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Russiese Rugbyunie Rusland by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Rusland