Maanskynkop is 'n natuurreservaat naby Hermanus in die Overberg.

Hierdie beskermde gebied is op die suidelike hellings van die Kleinrivierberge by nagenoeg 34° 23′ 47″ suid en 19° 20′ 37″ oos. Die ruwe terrein is bekend om sy diversiteit van plantegroei (veral van fynbos). Die reservaat is 784 ha groot en vorm saam met die aangrensende Fernkloof-natuurreservaat (1379 ha) en Vogelgat (605 ha) ‘n ongeskonde natuurgebied groter as 2750 ha.

Maanskynkop is eiendom van die provinsie Wes-Kaap en is nie vry toeganklik nie. Met die nodige permit kan die voetslaanpaaie en bergfietsroetes gebruik word.

Bronnelys www.tyroneping.co.za>capensibufo-selenophos

Verwysings

Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap