Hierdie artikel handel oor die Nieu-Seelandse nasionale vrouerugbyspan. Vir die artikel oor die nasionale mansrugbyspan, sien All Blacks.

Die Black Ferns (Maori: Rarauhe Pango) is die nasionale vrouerugbyspan wat Nieu-Seeland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby is Nieu-Seeland se nasionale sport en die Black Ferns is ’n gedugte mag in internasionale rugby met ’n wenrekord teen al die ander lande. Nieu-Seeland is een van die min lande waar rugby die hoofsport is.

Sy belangrikste internasionale verskyning het die Black Ferns tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi. Hulle kon die titel tot dusver ses keer wen (in 1998, 2002, 2006, 2010, 2017 en 2021) en is daarmee by verre die suksesvolste span tydens dié toernooi. Die Black Ferns neem jaarliks aan die Stille Oseaan-vierreeks deel, saam met Australië, Kanada en die Verenigde State.

Rugby het ’n belangrike rol gespeel in die integrasie van die Maori's in die Brits-beïnvloede Nieu-Seelandse samelewing, aangesien die sport geskik was vir die fisieke vermoëns van die inheemse mense van Nieu-Seeland en hulle is spoedig as gelykwaardige spelers aanvaar. Om die teenstander te intimideer en hulleself te motiveer voer die Black Ferns tradisioneel ’n haka (’n Maori-oorlogsdans) voor elke wedstryd uit.

Die Black Ferns het hul eerste toetswedstryd in 1990 teen Nederland gespeel. Rugby word in Nieu-Seeland geadministreer deur Nieu-Seeland Rugby wat ’n volle lis is van Wêreldrugby. Die Nieu-Seelandse vrouerugbyspan is tans (September 2025) derde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Vyf voormalige Black Ferns is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Nieu-Seeland is Nieu-Seeland Rugby (NZR), tot in 2013 Nieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie (NZRFU, van Engels New Zealand Rugby Football Union) genoem. Die NZRFU is op 16 April 1892 gestig. In 1949 is dit geaffilieer by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) die wêreldbeheerliggaam van rugby. Daarbenewens was die Nieu-Seelandse beheerliggaam in 2000 ’n stigterslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby).

Die belangrikste rugbyligas in Nieu-Seeland is die professionele Superrugby Aupiki en die amateurliga Farah Palmerbeker.

Geskiedenis Oorsprong In die 1980’s het vrouerugby in Nieu-Seeland gegroei, maar dit is deur die Nieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie (NZRFU) nóg erken nóg ondersteun. Eers in 1989 het vrouerugby amptelike erkenning ontvang met die reël van wedstryde deur provinsiale en klubspanne. Op 22 Julie dieselfde jaar het Nieu-Seeland sy eerste wedstryd teen ’n besoekende Amerikaanse span gespeel, die California Grizzlies.

Spannaam Die spannaam is ontleen aan die swart boomvaring wat ’n taonga (“skat”) van Nieu-Seeland is. Daarbenewens het dié naam ook ’n verbintenis met die kleur swart en die silwervaring wat albei bekende simbole van die Nieu-Seelandse sport is. Dit is een van talle byname vir Nieu-Seelandse nasionale spanne wat verband hou met die All Blacks.

Wêreldbekertitels Die Black Ferns het sedert die eerste 1991-toernooi aan amper al die vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en slegs die 1994-toernooi in Skotland misgeloop. Sedert hul eerste titel tydens die eerste deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) amptelik erkende Vrouerugbywêreldbeker 1998 kon die Black Ferns nog vyf titels inpalm in 2002, 2006, 2010, 2017 en 2021 tuis.

Befondsing Alhoewel rugby Nieu-Seeland se gewildste sportsoort is, het die Black Ferns soortgelyke probleme in die gesig gestaar soos elke vrouesport: onderbefondsing, ’n gebreek aan ondersteuning en ’n gebrek aan publisiteit. Terwyl die Nieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie en Wêreldrugby deels vir hul gebrek aan toewyding vir vrouerugby gekritiseer is, het die ondersteuning deur die beheerliggame toegeneem, veral danksy die Black Ferns se suksesse.

Sedert 1995 ondersteun die NZRU die Black Ferns wat aan die sport ’n groot groei besorg het, terwyl die Black Ferns ook bat vind by hul deelname aan die NZRU se hoëprestasie-inisiatiewe. Daarmee geniet die span toegang tot professionele afrigters, maar ook tot hulpbronne vir professionele ontwikkeling soos ontledings. In onlangse tye het ook die span se profiel in gewilde sportsoorte sterk toegeneem, veral danksy hulle suksesreeks en dit word toenemend as ’n nasionale span op dieselfde vlak as al die ander beskou.

Provinsiale kampioenskap duimnael|Die Black Ferns se trui in 2012 Nadat die NZRU in Januarie 2010 aangekondig het om die Provinsiale vrouekampioenskap om finansiële redes te skrap, was dié toernooi se toekoms ernstig bedreig. Aangesien die kampioenskap ’n belangrike hoeksteen is vir oefening, asook beide ontwikkeling en mededinging in Nieu-Seelandse vrouerugby, was die aankondiging vir beide spelers en ondersteuners ’n skok, waaronder die voormalige kaptein Farah Palmer, ook omdat dit die jaar van die Vrouerugbywêreldbeker was.

Terwyl die Nieu-Seelandse beheerliggaam aangevoer het, dat vrouerugby een van verskeie slagoffers van die finansiële krisis was, is dié besluit skerp veroordeel. Nadat die Black Ferns die Vrouerugbywêreldbeker 2010 kon wen, het die NZRU onmiddellik om verskoning gevra en die Provinsiale vrouekampioenskap heringestel, wat in 2016 ter erkenning van die vroeë, invloedryke kaptein van die Black Ferns in Farah Palmer-beker hernoem is.

Internasionale toernooie duimnael|Die Black Ferns nadat hulle die Vrouerugbywêreldbeker 2017 kon wen duimnael|Ontvangs van die Black Ferns by die Parlementsgebou nadat hulle in 2021 as die wêreldkampioen gekroon is Die Black Ferns het die Kanadabeker in 1996, 2000 en 2005 asook die Churchillbeker in 2004 gewen. Tussen 2002 en hul laaste wedstryd in 2009 het die Black Ferns 24 agtereenvolgende toetswedstrydoorwinnings aangeteken.

Ná hul sukses het al die spelers van die nasionale sewesrugby- en vrouerugbyspanne in 2018 halfprofessionele kontrakte ontvang. Daarbenewens het hulle in die eerste toetsreeks teen die Australiese Wallaroos gespeel wat op dieselfde aande soos die mans se Bledisloebeker gehou is.

Die 2018-seisoen het hulle afgesluit met ’n 1–1-gelykop in die toetsreeks teen Frankryk, wat daarmee die vierde land geword het wat die Black Ferns kon klop. Die nederlaag in die laaste wedstryd van die jaar het ’n wenreeks van 17 maande beëindig en dit was ook die laatste wedstryd vir kaptein Fa’amausili wat haar internasionale loopbaan beeindig het.

In 2019 kon die Black Ferns die jaarlikse Vrouerugbysuperreeks vir die tweede keer beklink. Op 31 Oktober 2021 het die Black Ferns in hul 100ste toetswedstryd teen Engeland in Exeter gespeel. Hulle het die Stille Oseaan-vierreeks 2022 aangebied en kon dié toernooi vir die eerste keer onoorwonne beklink.

Nieu-Seeland het die met een jaar uitgestelde Vrouerugbywêreldbeker 2021 aangebied, waarvoor ook Australië gebie het. Nieu-Seeland was as gasvroue regstreeks gekwalifiseer en die Black Ferns kon hul titel suksesvol verdedig met ’n oorwinning oor Engeland in die eindstryd, gelyk aan hul sesde titel.

2023 Die Black Ferns het die jaar 2023 met ’n nuwe afrigter en ’n afranseling van die Wallaroos met 50–0 in die jaar se eerste toetswedstryd afgeskop; daarmee het hulle die O’Reilly-beker vir nog ’n jaar gewen en die eerste plek van die Stille Oseaan-vierreeks 2023 behaal. Ná maklike oorwinnings oor Kanada en die Verenigde State kon die Nieu-Seelanders hul tweede titel inpalm.

Nieu-Seeland het die eerste WXV 1 2023 op 20 Oktober aangebied, waaraan ook Australië Engeland, Frankryk, Kanada en Wallis deelgeneem het. Tydens dié toernooi kon die Franse die Nieu-Seelandsers se wenreeks van 16 toetswedstryde met ’n 18–17-oorwinning beëindig. Daarna het die Black Ferns in die eerste toetswedstryd in Dunedin sedert 1997 Wallis met 70–7 verneder. Die beslissende wedstryd om die titel was ’n herhaling van die Vrouerugbywêreldbeker 2021-eindstryd teen Engeland, wat die Red Roses kon beklink en sodoende die eerste WXV 1-titel gewen het.

Stadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Italië, Kanada, Skotland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wallis beskik Nieu-Seeland oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Black Ferns gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Nieu-Seeland. Veral Edenpark in Auckland, Westpacstadion in Wellington und die Waikatostadion in Hamilton word gereeld vir toetswedstryde gebruik.

Rugbywêreldbekerstadions

Nieu-Seeland het die Vrouerugbywêreldbeker 2021 aangebied. Al die wedstryde is op die Nieu-Seelandse Noordeiland gehou. In Auckland is Edenpark en The Trusts Arena asook in Whangarei Okarapark gebruik.

Toetswedstryde Nieu-Seeland het 112 van sy 136 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 82,35%. Australië se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 27 27 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 33 19 13 1 57,38 13 8 5 0 61,54 1 1 0 0 100,00 4 2 2 0 50,00 2 2 0 0 100,00 19 17 2 0 89,47 1 1 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 4 4 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 15 14 1 0 93,33 7 7 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00Algeheel 136 112 23 1 82,35

Wedywering met ander nasionale spanne Soos in ander sportsoorte (veral krieket, rugby league, netbal en op die Statebondspele) handhaaf Nieu-Seeland tradisioneel goeie wedywering met sy buurland Australië, waarna dikwels as “wedywering onder sibbes” (sibling rivalry) verwys word. Die eerste toetswedstryd tussen albei spanne is tydens die Nieu-Seelandse besoek aan Australië in 1994 gespeel. Sedertdien ding albei spanne mee om die Laurie O’Reilly-beker, een van die oudste trofeë in internasionale vrouerugby. Van die 27 toetswedstryde tot dusver het Nieu-Seeland al die wedstryde gewen.

Net soos die ander rugbylande van die Suidelike Halfrond handhaaf Nieu-Seeland ’n wedywering met die nasionale spanne van die Noordelike Halfrond. Eweneens het Nieu-Seeland tydens vyf van sy ses eindstrydverskynings teen Engeland te staan gekom, wat hulle almal kon wen.

Rekords Wêreldbekerrekord duimnael|upright|Nieu-Seeland kon in 1998, 2002, 2006, 2010, 2017 en 2021 die vrouerugbywêreldbekertoernooi wen Nieu-Seeland het tot dusver aan nege vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en kon die toernooi ses keer wen (in 1998, 2002, 2006, 2010, 2017 en 2021), by verre meer as enige ander span.

Jaar Uitslag 1991 Derde plek 1994 Nie deelgeneem nie 1998 Kampioen 2002 Kampioen 2006 Kampioen 2010 Kampioen 2014 Vierde plek 2017 Kampioen 2021 Kampioen 2025 Derde plek 2029 gekwalifiseer 2033

Stille Oseaan-vierreeks Nieu-Seeland se enigste jaarlikse toernooi is die Stille Oseaan-vierreeks, waar hulle teen drie ander lande van die Stille Oseaangebied speel: Australië, Kanada en die Verenigde State. Die Stille Oseaan-vierreeks is in 2021 vir die eerste keer tussen Kanada en die Verenigde State beslis, Australië en Nieu-Seeland het in 2022 by dié toernooi aangesluit. Die Black Ferns het sedertdien twee toernooie gewen.

Titeloorwinnings (2): 2022, 2023

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Black Ferns-span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025: