Orlando Sanford Internasionale Lughawe is 'n kommersiële lughawe vir openbare gebruik in Sanford, Florida, Verenigde State, naby Orlando. Dit is gebou as die Vlootlugstasie Sanford, 'n Hoofstralerbasis vir vliegdekskip-gebaseerde aanvals- en verkenningsvliegtuie, en is tot 1969 deur die Amerikaanse Vloot gebruik. Die lughawe word besit en bedryf deur die Sanford Lughawe-owerheid. Dit dien as 'n operasionele basis vir Allegiant Air.

Sanford is Orlando se sekondêre kommersiële lughawe en is verder weg van die middestad van Orlando en Disney World as die primêre lughawe, Orlando Internasionale Lughawe (MCO/KMCO). As gevolg van die verbintenis met Orlando, is passasiersverkeer by Sanford eens oorheers deur Europese huurdienste.

Sedert 2008 is die meerderheid van die passasiersverkeer egter binnelands; te danke aan die toetrede van Allegiant Air, gebaseer in Las Vegas, wat Sanford as 'n fokusstad gebruik.

Fasiliteite Die lughawe se grondgebied beslaan 3 000 akker (1 214 ha) en het vier aanloopbane:

Baan 9L/27R: 11 002 x 150 vt. (3 353 x 46 m), asfalt Baan 9C/27C: 3 578 x 75 vt. (1 091 x 23 m), asfalt Baan 9R/27L: 5,839 x 75 vt. (1 780 x 23 m), asfalt Aanloopbaan 18/36: 6 002 x 150 vt. (1 829 x 46 m), asfalt/beton

Statistiek +Besigste binnelandse roetes vanaf SFB (Desember 2023 – November 2024) Rang Stad Passasiers Redery 1 Allentown, Pennsilvanië 99 000 Allegiant 2 Knoxville, Tennessee 91 000 Allegiant 3 Asheville, Noord-Carolina 69 000 Allegiant 4 Grand Rapids, Michigan 55 000 Allegiant 5 Cincinnati, Ohio 49 000 Allegiant 6 Flint, Michigan 40 000 Allegiant 7 Harrisburg, Pennsilvanië 39 000 Allegiant 8 Indianapolis, Indiana 32 000 Allegiant 9 Bangor, Maine 32 000 Allegiant 10 Lexington, Kentucky 30 000 Allegiant +Jaarlikse passasiersverkeer (op+af) by SFB, 1995-tansJaarPassasiersJaarPassasiersJaarPassasiers199548 18620051 649 23720152 480 1221996669 57620061 645 98920162 752 41019971 044 49620071 780 49520172 922 44619981 198 80320081 837 24720183 094 4871999939 96220091 702 41220193 291 11220001 086 63520101 165 43520201 545 04120011 222 39120111 577 30720212 396 10820021 263 66220121 815 72920222 801 47820031 253 86220132 032 68020232 941 45620041 834 31520142 184 70120242 877 526

Verwysings

Kategorie:Lughawens in die Verenigde State van Amerika