Sławomir Jerzy Mentzen (gebore 20 November 1986) is 'n Poolse politikus, entrepreneur, belastingadviseur en derde plek in die Poolse presidentsverkiesing in 2025. Hy dien as die voorsitter van die libertariese politieke party Nuwe Hoop en as een van die leiers van die regse Konfederasie Vryheid en Onafhanklikheid.Sławomir Jerzy Mentzen | Powiązania | Rejestr.io (in Pools) Besoek op 25 Mei 2025.Sławomir Mentzen - Najnowsze informacje - WP Wiadomości (in Pools). Besoek op 25 Mei 2025.
Vroeë lewe en opvoeding Mentzen is gebore in Toruń, Pole. Hy verwerf 'n lisensiaat in teoretiese fisika en 'n PhD in ekonomie aan die Nicolaus Copernicus Universiteit. Sy doktorale proefskrif, wat hy in 2015 verdedig het, het gehandel oor die kwessie van staatsskuld.Sławomir Mentzen biodata wiadomosci.wp.pl. Besoek op 25 Mei 2025.
Besigheid loopbaan Hy bestuur verskeie rekeningkundige kantore en besit 'n belastingkonsultasiekantoor sowel as 'n jagwinkel en 'n handwerkbrouery in Toruń. Hy is 'n lid van die Kamer van Koophandel en Nywerheid in Toruń en die Nasionale Kamer van Belastingadviseurs.
Persoonlike lewe Mentzen is getroud en het drie kinders. Sy oupagrootjie aan vaderskant was Duits. Mieczysław Mentzen, Sławomir se vader, is 'n professor in wiskunde aan die Nicolaus Copernicus Universiteit in Toruń. In September 2024 het hy verklaar dat hy gediagnoseer is met Asperger-sindroom, deel van die outismespektrum.
Vanaf Oktober 2023 is Sławomir Mentzen se geskatte netto waarde ongeveer 49,1 miljoen Poolse złoty, bestaande uit verskeie bates, insluitend kontant, kriptogeldeenhede, beleggings, vaste eiendom en besigheidsbesit. Hy is 'n praktiserende Katoliek.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense