thumb|200px|'n Rietsanger maak die kuiken van 'n Europese koekoek groot.
'n Cuckold of horingdraer is die man van 'n owerspelige vrou of lewensmaat. In biologie is dit 'n man wat onwetend 'n kind grootmaak wat nie biologies syne is nie. In seksuele fetisjisme is 'n cuckold aandadig aan sy maat se "ontrouheid". Die slengterm bull verwys na die dominante man wat 'n verhouding met die vrou het.
Etimologie Die woord "cuckold" kom van die koekoek, wat sy eiers in die nes van ander voëls lê. Dié verbinding is algemeen in folklore, letterkunde en ikonongrafie.
Die Engelse gebruik van die term het in 1250 die eerste keer in 'n Middeleeuse gedig, The Owl and the Nightingale, voorgekom. Die woord impliseer dikwels dat die man bedrieg is; hy is onbewus van sy vrou se ontrouheid en weet dalk nie dis nie sy kind nie totdat dit gebore word (nes met koekoekvoëls).
Horingdraer thumb|200px|'n Franse satire op die horingdraer uit 1815, met mans en vroue wat horings dra. Die Afrikaanse term kom, nes in sommige ander Westerse tradisies, van die paringsgewoontes van takbokke, wat hulle maats verloor as hulle deur 'n ander mannetjie verslaan word.E. Cobham Brewer 1810–1897. Dictionary of Phrase and Fable. 1898. Die man word "horings opgesit".
Cuck 'n Afgekorte vorm van cuckold, die term cuck, word deur die alternatiewe regse groep alt-right gebruik om die manlikheid van 'n teenstander aan te val. Dit is aanvanklik vir ander konserwatiewes gebruik.
As 'n fetisj thumb|200px|The Jealous Husband (1847), 'n skildery deur Cornelius Krieghoff wat 'n cuckold uitbeeld. thumb|200px|"The Cuckold Carpenter Under the Bed of his Wife and her Lover", uit 'n 18de-eeuse uitgawe van die Persiese fabelversameling Kalīla wa-Dimna.
Ondanks die tradisionele definisie van die term, is 'n cuckold in seksuele fetisjisme aandadig aan sy vrou of maat se "ontrouheid". Die dominante man wat seks met die vrou het, word die "bull" genoem.
So 'n daad kan die seksuele verhouding tussen die lewensmaats verbeter. Die man word egter dikwels in die daad verneder. Die cuckold inisieer dikwels die deelname aan die fantasie, maar soms verkies hy dat die vrou dit doen. Die fantasie werk nie as die man teen sy wil verneder word nie.
In sielkunde word cuckold-fetisjisme as 'n variasie van sadomasochisme beskou, met die cuckold wat plesier daaruit put om verneder te word.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Parafilies