Die maagbossie (Aristea biflora) is 'n knolagtige geofiet wat tot die genus Aristea behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Caledon tot by Drayton voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 23-77 km² en het reeds 70% van sy habitat afgestaan aan die verbouing van koring. Die oorblywende bevolking word bedreig deur indringerplante, voorstedelike ontwikkeling en swak brandbeheer.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
biflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika