Die blouvuurpyl (Aristea capitata) is 'n knolagtige geofiet wat tot die genus Aristea behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Piketberg en boonste gedeelte van die Olifantsriviervallei tot by die Kleinrivier- en Riviersonderendberge voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 23 963 km² en is deel van die fynbos.

Die spesie staan ook as die bloukanolpypie, blousuurkanol, blousuurkanolpypie, blousuurknol, blousuurknolpypie, suurkanol en suurkanolpypie bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

capitata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika