duimnael|400px|Radio Laeveld se uitsaaigebied. Radio Laeveld is 'n Afrikaanse radiostasie wat op 100.5 FM in die Laeveldgebied van Mpumalanga, Suid-Afrika, uitsaai. Die stasie het sy eerste vierjaar-uitsaailisensie op 1 Maart 2003 ontvang en op 31 Mei 2003 begin uitsaai. Die radiostasie saai hoofsaaklik in Afrikaans en Engels uit. Die stasie dek 'n radius van ongeveer 100 km rondom Nelspruit (Mbombela) in Mpumalanga. Luisteraars kom van alle lewensvlakke en sluit in akteurs, aptekers, argitekte, bankbestuurders, boere, bouers, dokters, kantoorwerkers, kunsmatige insemineerders, kunstenaars, mynwerkers, musikante, onderwysers, orrelbouers, paramedici, predikante, prokureurs, radio-omroepers, rekenmeesters, ruimtevaarders, sjefs, skrynwerkers, smouse, soldate, sportmanne en -vroue, tandartse, taxibestuurders, toeriste, treindrywers, tv-sterre, universiteitsdosente, versekeringsmakelaars, verteenwoordigers en reisende verkoopsmense, klein en mediumgrootte ondernemingseienaars en -bestuurders, wildbewaarders, munisipale en plaaslike gemeenskapsorgorganisasies. Die teikengehoor is in LSM 6-10, ouderdomsgroep 35-55 en programinhoud fokus op gesinslewenstyl.Radio Laeveld, Alles oor 100.5FM https://www.radiolaeveld.co.za/oor-ons-radio-laeveld-100-5fm.html , Besoek 24 Mei 2025

Geskiedenis Dit het alles begin toe die behoefte aan 'n plaaslike gemeenskapsradiostasie, gefokus op Afrikaanse kultuur en taal in die Laeveld van Mpumalanga, geïdentifiseer is deur 'n groep eendersdenkende mense bekend as 'Die Verkenners'. Die idee is ongeveer twee jaar voor die toekenning van die lisensie aangevoer deur Albertus Van Zijl ('n plaaslike sakeman en prokureur), wat later ook die eerste voorsitter geword het. Op daardie stadium was die frekwensie 100.5FM in gebruik deur Radio Pretoria wat vanuit Pretoria uitgesaai het. Onderhandelinge het gefokus op die bevordering van Afrikaanse taal, oortuigings en kultuur in die Laeveld deur hierdie uitsaaidiens. Die oorspronklike ateljees was in die Witriviersentrum (van 31 Mei 2003 tot 30 September 2005) en het op 1 Augustus 2005 na die Sonparksentrum in Nelspruit verskuif, waar dit steeds is.

Uitsaaigebied Radio Laeveld se uitsaaigebied sluit die volgende dorpe in:

Nelspruit Witrivier Barberton Kaapchehoop Kaapmuiden Malelane Hectorspruit Komatipoort Skukuza Hazyview Sabie Graskop Pelgrimsrus Lydenburg Machadodorp Dullstroom Belfast

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse radiostasies Kategorie:Suid-Afrikaanse radiostasies‎